Besige besoek wag op vroue

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Krieket Namibië gaan aanstaande jaar die Chevrons, Zimbabwe se nasionale vrouekrieketspan, in Windhoek vir vier T20-wedstryde en twee eendagbotsings onthaal.

Alhoewel Adam Chifo, hoofafrigter van die Chevrons, se vroue tans deur die Internasionale Krieketraad (ICC) as die wêreld se 12de beste T20-span gereken word, skrik die Eagles nie vir dié uitdaging nie.

Namibië se vroue wat op nommer 23 huiwer, word ook deur Uganda (18de), Tanzanië (19de) en Kenia (22ste) op die ICC se ranglys oorskadu. Die Zimbabwe-toer in Januarie en Februarie is net die regte uitdaging vir Francois van der Merwe, hoofafrigter van Namibië, en sy span.

Zimbabwe beskik oor verskeie sterre wat op die ICC-T20-ranglys as gerekende boulers en kolwers pronk, terwyl net Adri van der Merwe, Namibië as kolwer verteenwoordig.

Van der Merwe, wat die 62ste beste T20-kolwer in die wêreld is, ding mee met erkende boul- en kolfsterre van Zimbabwe. By die kolwers word Modester Mupachikwa (36), Chipo Mugeri (55), Sharne Mayers (60) en Mary-Anne Musonda (68) hoog deur die ICC geag.

Geen Namibiese bouler pronk tans op die ICC se T20-boulranglys nie, maar dit kan binnekort verander. Zim-boulers soos Anesu Mushangwe (46) en Precious Marange (83) is van internasionale gehalte.

Van der Merwe, wat bietjie meer as vier maande die nasionale afrigter is, sê daar is beslis vordering gemaak.

“Ek het begin Augustus die amateur-kode oorgeneem en moes hard spook om dinge te verander. Aan die begin het die nasionale oefengroep uit net 13 spelers bestaan. Ons het nou 30 spelers geïdentifiseer waarmee ek elke dag werk.

“Die pas afgelope oefenkamp wat ons op Walvisbaai gehad het, was ’n groot sukses. Die 14 vroue wat ek vir die Zimbabwe-toer gekies het, is op peil en die beste spelers wat daar is. Die vroue kan net in die toekoms groei en verbeter.

“Ons kon Zimbabwe nog nooit klop nie en die verwagting is ook nie daar dat ons dit volgende jaar sal doen nie. Al wat ek wil hê is dat die spelers alles moet toepas wat ons op die oefenveld gekweek het. As ons daarin slaag, is die stryd halfgewonne en ons gaan eenvoudig net harder werk om sukses te behaal. Die Zim-toer is die ideale geleentheid om onsself te toets en die spelers kan 'n maatstaf vir hulself stel.

“In die verlede het die oefengroep drie weke voor ’n belangrike toernooi bymekaargekom en dan probeer om met karige slypwerk sukses te behaal. Dinge het sedert Augustus verander. Nou werk ons soos professionele krieketspelers,” het van der Merwe aan Republikein vertel.

Irené van Zyl, kaptein van die Eagles, is opgewonde oor die uitdaging wat voorlê. Van Zyl is onlangs met Krieket Namibië se jaarlikse prysuitdeling as die Nasionale Vrouespeler vir 2020 aangewys en is deur die spelers as hul gunsteling bekroon.

“Ons voorbereiding het die laaste paar maande goed verloop. Ons het nou ’n kort vakansie, maar die spelers moet nog steeds aan hul fiksheid werk. Ons het die jaar met die vrouetoernooi by die kus afgesluit waar talle spelers handopgesteek het en vir die finale 14-tal gekies is.

“Die vroue-Eagles is beslis opgewonde oor Zimbabwe wat weer hierheen kom. Ons wil beslis wys dat ons krieket van krag-tot-krag gaan en ons wil behoorlik teen hulle meeding.

“Behalwe dat ons die Eagles se posisie op die ICC-ranglys wil verbeter, het ons die 2022 Statebondspele in Birmingham, Engeland, in die visier waar T20-vrouekrieket vir die eerste keer aangebied gaan word

Dan is daar die T20-Afrika-kompetisie en die 2023 T20-wêreldbeker in Suid-Afrika wat ons aanspoor. Ons gaan elke toernooi en wedstryd stap-vir-stap benader om te verbeter. Ons wil beslis ’n top mededingende land in Afrika word en nie net krieket speel nie.

“Dit sal ’n groot eer en geleentheid vir ons wees om Namibië met onderskeiding te kan verteenwoordig,” het Van Zyl entoesiasties aan die koerant gesê.

Mnr. Johan Muller, hoofbeampte van Krieket Namibië, sê die vroue gaan beslis hard vir hul toekoms veg.

Muller sê: “Ons gaan defnitief probeer om te kwalifiseer. Ons gaan ook probeer om die kwalifiserende toernooi vir Afrika aan te bied.”

TELEURSTELLING

Intussen is die Eagles-mansspan opnuut deur Covid-19 gepootjie. Nederland sou volgende jaar Februarie vir ’n eendagwedstrydtoernooi kom toer het. Maar die besoek is deur die Koninklike Krieketraad gekanselleer. Die kompetisie was geoormerk om die Eagles vir hul Wêreldkrieketliga 2-veldtog voor te berei wat in Mei afskop.

Die span is: Irené van Zyl (kaptein), Yasmeen Khan (paaltjiewagter), Adri van der Merwe, Kayleen Green, Suné Wittmann, Sylvia Shihepo, Arassta Diergaardt, Wilka Mwatile, Mekelanye Mwatile, Reehana Khan, Shiomwenyo Namusha, Didi Foerster, Victoria Hamunyela en Phia Gerber.

Wedstryddatums by Trustco United

24 Januarie: 1ste T20-wedstryd om 10:00.

25 Januarie: 2de T20 (14:00).

27 Januarie: 3de T20 (10:00).

28 Januarie: 4de T20 (14:00).

30 Januarie: 5de T20 (10:00).

31 Januarie: 1ste Eendagwedstryd (10:00).

2 Februarie: 2de Eendagwedstryd (10:00).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.38/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.35/BBP DOWN -0.0155 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.38/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.35/BBP DOWN -0.0155 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%