Besettingsyfers 'kommerwekkend'
Besettingsyfers 'kommerwekkend'

Besettingsyfers 'kommerwekkend'

Ellanie Smit
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit



Die vertroue in Namibië as 'n haalbare reisbestemming is besig om agteruit te gaan, terwyl nóg 'n maand van onduidelike en beperkende Covid-19-maatreëls die herstel van die toerismebedryf geweldig kan knou.

Dít volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, wat sê hul pas voltooide maandelikse verslag vir Julie toon kommerwekkende resultate.

Kommersiële verblyf­ondernemings in Namibië het in Julie vanjaar 'n kamerbesettinggemiddeld van slegs 11,4% aangeteken.

Dis net effens meer as in Julie verlede jaar, toe kamerbesetting op 8,2% gestaan het en die Namibiese grense nog gesluit was.

Sy het daarop gewys die hoogseisoen vir toerisme begin gewoonlik in Julie, en Namibië het in Julie 2019 'n besetting van byna 60% gehad.

“Dis kommerwekkend om te sien dat (die syfers vir) Julie vanjaar selfs laer is as Junie – wat gewoonlik stil is – waartydens Namibië ten minste 'n besetting van byna 16% behaal het.”



COVID-TOETSE

Sedert einde Julie wil dit voorkom of die volgehoue en strenger maatreëls om Namibië binne te kom, besig is om 'n aantal buitelandse markte waarvoor Namibië hard moes veg – veral Amerika – te versmoor.

Sy het gesê die syfers toon dat 4,13% van die gaste wat in Julie vanjaar by gasvryheidsondernemings in Namibië gehuisves is, van Amerika afkomstig was.

Dit was hoër as die Amerikaanse besetting van 3,84% in 2019.

Paetzold het gesê die plaaslike toerismebedryf, wat hard gewerk het om die Amerikaanse mark uit te brei, het verwag dié mark sal in die komende maande verder groei.

“Hierdie hoop is daarmee heen met die bekendstelling van die 72 uur-toetsreël wat op 1 Augustus in werking getree het.”

Met aansluitingsvlugte via derde lande is dit byna onmoontlik om Namibië binne die 72 uur-perk te bereik, het sy verduidelik.

“Sedert die aankondiging het sommige Namibiese toeroperateurs vir Augustus en September miljoene aan besprekings van die Amerikaanse mark verloor, en met elke dag en week neem die verliese vir die toerismesektor toe.”

Paetzold het gesê die toerismebedryf is nié gekant teen die 72-uurreël nie – wat blykbaar die ­internasionale norm is.

Die bedryf het egter 'n beroep op die owerhede gedoen om die bewoording van die regulasies te hersien om reisigers van markte soos Amerika en Asië in staat te stel om Namibië met geldige toetsuitslae binne te kom.

“Die toerismeherlewingsinisiatief vir Namibië het in September 2020 afgeskop, en Namibië kan trots wees op die feit dat ons as 'n land proaktief gewerk het vir die veilige heropening van die plaaslike en internasionale reisbedryf,” het Paetzold gesê.

Volgens die 2020-verslag van toerismestatistieke was Amerika onder die toptien toeristemarkte in Namibië, met 4 219 besoekers uit dié mark.

Dít in vergelyking met die 25 836 Amerikaanse toeriste wat Namibië in 2019 besoek het. Die verslag voorspel verder dat Namibië vanjaar slegs 689 toeriste uit dié land sal ontvang.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!