BEROEPE - Collin Christof, takbestuurder by Checkers
‘n Takbestuurder is verantwoordelik vir alle bedryfsaspekte van ‘n winkel.
Dit sluit verspreiding, klantediens, personeelsake, administrasie en verkope in. Die uitvoering van hierdie pligte moet aan die maatskappy se doelwitte voldoen.
Collin Christof is ‘n takbestuurder by Checkers. Sy werk behels volgens hom om toesig oor al die werk van die winkel te hou en te verseker dat goeie sake op ‘n goeie wyse gedoen word.
“Ek werk saam met ‘n span en ek word vertrou om hulle op te lei, af te rig, te ontwikkel en te motiveer sodat ons daagliks ons doelwitte behaal,” verduidelik Collin.
Vereistes om hierdie werk te doen, sluit in leierskapvaardighede, oortuigingskrag en invloedrykheid.
Christo was eers ‘n pakker by die kasregister en het gevorder tot takbestuurder. “Ek het heel onder begin, maar met indiensopleiding het ek die leer geklim tot waar ek nou is,” vertel hy.
Christo het ‘n diploma in sakeadministrasie voltooi om sy posisie te verstewig.
Sy dag begin vroeg in die oggend wanneer hy alle diensafdelings in die winkel inspekteer en seker maak alles is reg voordat die winkel sy deure vir klante open. “Die res van die dag gee ek rigting aan alle bedryfstake in die winkel en maak seker klante verlaat die winkel in ‘n gelukkige stemming.”
‘n Takbestuurder moet:
• ‘n goeie leier wees.
• lief wees vir die kleinhandel.
• oor goeie analitiese vaardighede beskik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie