Bemarking van beeste, skape daal
Syfers toon die bemarking van beeste en skape daal.
Die bemarking van beeste en skape het in die eerste helfte van vanjaar gedaal in vergelyking met die ooreenstemmende tyd verlede jaar, wys statistiek wat deur die Vleisraad van Namibië bekend gemaak is.
Dié syfers toon beide bees- en skaapuitvoerabattoirs is steeds nie mededingend as hul deurset met die getalle vee wat lewend uitgevoer word, vergelyk word nie.
Altesaam 73 000 beeste is vanjaar geslag vergeleke die 78 000 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Verder het die uitvoere van beeste op die hoef na Suid-Afrika afgeneem van 219 000 in 2017, tot 210 000 vanjaar.
Prysgewys lyk sake effe beter as verlede jaar.
Die gemiddelde beesvleisprys vanjaar beloop N$39,98 per kilogram, waar die gemiddelde prys in die ooreenstemmende tyd verlede jaar N$35,30 per kilogram was.
Veilingpryse vir beeste is steeds op 'n stewige gemiddeld van N$31,71 per kilogram teenoor die N$29,15 per kilogram van 2017.
Dit beteken die gemiddelde prys vir B-graad beesvleis moet tans N$50,83 per kilogram te beloop om met speenkalfpryse te kan meeding, sê die Vleisraad.
Wat skape betref, is 148 000 in die eerste helfte van 2018 by uitvoerabattoirs geslag teenoor die 195 000 in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die totale getal skape wat plaaslik geslag is, beloop 198 000 teenoor die 239 000 verlede jaar.
In teenstelling hiermee is 302 000 skape, waarvan die meeste as "te klein en te maer" geklassifiseer is, weens die droogte in die Suide van die land na Suid-Afrika uitgevoer.
Skaapvleispryse het tot dusver vanjaar marginaal gestyg tot 'n gemiddeld van N$42,38 per kilogram, waar dit in 2017 gemiddeld N$40,07 per kilogram beloop het.
Bokpryse het egter het gedaal van gemiddeld N$938 per kop in 2017, tot gemiddeld N$859 in 2018.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie