Beloning vir inligting oor ATM-rooftog
Francoise Steynberg
Die Namibiese polisie in samewerking met FNB Namibia reik 'n beloning van N$10 000 uit vir inligting in verband met 'n rooftog by 'n ATM van die Outjo-tak.
Volgens die ondersoekbeampte, adj. komm. Dons Marais, het vier verdagtes in die nagtelike ure van 15 Maart by die ATM van die Outjo-tak van FNB Namibia ingebreek deur dit met gas oop te brand. Hulle het met N$236 000 weggekom.
Die Namibiese polisie het Dinsdag 'n verklaring uitgereik wat die beloning bevestig en het verseker dat die polisie die identiteit van die informant sal beskerm.
“Enige persone met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte inbrekers, sal 'n beloning van N$10 000 ontvang,” sê 'n woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi.
“Kliënte word verseker dat hul deposito's veilig is en stappe word gedoen om te verseker dat die Outjo-tak se sekuriteit verbeter word,” lui FNB Holdings se verklaring.
Enige iemand met inligting kan adj.komm. Marais by 081 244 0971, hoofinsp. Rooi Makwatikiso by 081 348 2765 of die naaste polisiekantoor kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie