Belangrike naweek vir topryers
Fietsry
Pupkewitz Megabuild is vir die derde jaar die hoofborg van die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se nasionale padfietsrykampioenskap wat komende naweek beslis word.
Die eerste titels word Vrydag in die individuele tydtoets op die spel geplaas. Die afstand vir elite mans is 45 km, terwyl die vroue oor 22 km getoets word.
Ná die volgende dag se ruskans kan 'n groot gespook verwag word in die stryd om Sondagoggend die nasionale padresiese te wen. Die elite mans ry 145 kilometer en die vroue spook sake oor 107 km uit.
Vir beide kampioenskappe dien Caren Park by Brakwater as die begin- en eindpunt.
Van Pupkewitz Megabuild se borgskap van N$77 000 wat gister oorhandig is, word altesame N$35 000 in prysgeld aan die toppresteerders uitbetaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie