Bekgeveg ruk NV tot stilstand
Estelle de Bruyn - Oor-en-weer-beskuldigings van onparlementêre gedrag het Dinsdag die debatvoering oor die heroorweging van die wetsontwerp op stedelike en landelike beplanning in die Nasionale Vergadering (NV) tot stilstand geruk.
Met die aanvang van die komiteestadium het die president van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, kapsie gemaak omdat hy sê die wetsontwerp hoort nie op die NV se agenda nie.
Dít omdat die NV self vantevore ‘n moratorium op die bespreking van enige kwessies rakende grond geplaas het tot ná die tweede grondkonferensie.
Die bespreking het vinnig uitgerafel met die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, wat die grondwetlike prosedure vir die heroorweging van wetsontwerpe voorgelees het.
Die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, het gesê lede van die NV se gedrag, veral dié van die opposisie, handhaaf nie parlementêre etiket nie en hulle maak hulself aan verregaande gedrag skuldig.
Met die eerste bespreking van die wetsontwerp verlede jaar het die opposisie uitgestap toe die wetsontwerp ter sprake gekom het.
Swapo-lede van die Huis het oor die wetsontwerp gedebatteer en dit aanvaar.
Dit is toe na die Nasionale Raad verwys wat dit met wysigings na die NV teruggestuur het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie