Bekgeveg met Esau oor pelsers
Minister sê pelserkwota gaan op 14 000 ton gestel word.
Des Erasmus
“Dobbelaar!”
Dít is die verwyt waarmee die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, deur die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) toegesnou is in 'n slegsêsessie oor die steierende pelserbron in die land se vanggebied.
Van die verwyte is dat Esau nie na die aanbevelings van sy eie deskundiges luister nie.
Hy maak die bevindinge van wetenskaplikes af as 'n wanvoorstelling ondanks verdoemende getuienis tot die teendeel.
Volgens 'n NCE-verklaring is Esau se storie dat die pelsers moontlik net na dieper water getrek het, net 'n persoonlike mening wat nie deur die feite ondersteun word nie.
“Hy dobbel met ekologiese stabiliteit, biodiversiteit, produktiwiteit en die ekonomie van die Namibiese seegebied,” sê dié verklaring.
“Hoe durf 'n gesonde regering sulke besluite deur 'n enkele persoon toelaat? Dit gaan oor die Namibiese mariene-ekosisteem se toekoms.”
Die vet is in die vuur tussen die bewaringsinstansie en Esau nadat die minister in 'n toespraak voor personeel van visserye op Swakopmund gesê het 'n pelserkwota gaan op 14 000 ton gestel word.
Daarvan gaan 4 000 ton vir voortgesette navorsing van die pelserbron aangewend word, en die oorblywende 10 000 ton sal aan die kommersiële visbedryf gaan.
Esau het gesê hy glo die pelsers het na dieper water getrek terwyl die bedryf verlede jaar net vangste van 4 000 ton behaal het.
“As die pelsers na dieper water getrek het, sal ons ons navorsing, beleid en bestuurstelsels daarby moet aanpas.” In 'n daaropvolgende vergadering op Walvisbaai het Esau gesê die broeimassa van pelsers het volgens wetenskaplikes in November verlede jaar op feitlik niks gestaan nie.
“Daarom gaan navorsing oor pelsers in die huidige seisoen verskerp word.”
Die eens magtige bron waarop Walvisbaai gebou is, het met sowat 99% gekrimp.
In die verklaring maak die NCE sy eie aanbevelings.
'n Moratorium moet vir minstens drie jaar op pelservangste geplaas word, en sou daar byvangste wees, moet boetes opgelê word, sê die verklaring.
Dit moet eers heroorweeg word wanneer 'n stadium van volhoubare vangste weer bereik is. Navorsing oor die bron moet volgehou en selfs verskerp word en moet ook die grootte van die visse dek. Bewaringsgebiede moet geskep word wat as broeivelde kan dien. 'n Ooreenkoms moet met Angola aangegaan word oor 'n gesamentlike volhoubare bestuurstelsel vir 'n gemeenskaplike bron.
Ondanks die moratorium kan werkgeleenthede in die pelserbedryf behou word deur die vis uit ander oorde in te voer. Werkers in die bedryf kan ook na ander sektore oorgeplaas word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie