Bekende in rugbykringe vermoor
Die Namibiese polisie is op soek na ‘n plaaswerker wat daarvan verdink word dat hy mnr. Hendrik (Henry) Petrus Coetzee (59) Saterdag wreed op ‘n plaas in die Otjimbingwe-omgewing in die Erongostreek vermoor het.
Die voorval het omstreeks 18:00 plaasgevind toe Coetzee, ‘n bekende in rugbyklubkringe, en sy vrou die plaas besoek het.
Die verdagte wat oorspronklik van Rundu is, het glo vir Coetzee se vrou gevra waar haar man se vuurwapen is.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die verdagte die huis geplunder, ‘n byl gevind waarmee hy Coetzee aangeval het.
Die verdagte het na bewering van die Coetzees se goed op hul bakkie gelaai en omstreeks middernag die vrou in die bakkie gedwing en daarmee weggejaag.
Sowat 35 km vanaf Otjimbingwe het die verdagte glo beheer oor die bakkie verloor, dit omgegooi en hy het op die vlug geslaan.
Die vrou kon glo daarin slaag om hulp van verbygangers te kry wat die polisie ingelig het.
‘n Saak van moord, voertuigdiefstal en ontvoering is teen die verdagte aanhangig gemaak.
Die oorledene se naasbestaandes is van sy dood ingelig en die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie