Bek-en-klouseer met streng reëls beveg

Siekte in 11 kiesafdelings aanwesig

12 February 2021 | Landbou
Ronelle Rademeyer – Boere in die noorde­like streke is versoek om al hul vee teen bek-en-klouseer te laat inent as deel van 'n uitgebreide inentingsveldtog waarmee die direktoraat veeartsenydienste (DVS) tans uitbrekings in nege kiesafdelings bestry.

'n Uitbreking is op 28 September verlede jaar in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango-Oos opgemerk.

Dit het sedertdien weswaarts na agt ander kiesafdelings versprei en is nou in Kavango-Wes, asook in die Ohangwena-, Oshi­koto- en Oshanastreek aanwesig.

Dr. Albertina Shilongo, hoofveeartsenybeampte by DVS, sê buiten vir die geraakte streke is aanliggende streke soos Omusati en Kunene se noordelike deel, asook die Tsumkwe-gebied in die Otjozondjupastreek tot siektebeheergebiede verklaar.

Die beheermaatreëls behels die inenting van alle beeste. Die aankondigings van waar en wanneer word deur DVS gemaak.

“Inenting is een van die mees doeltreffende maniere om hierdie siekte te beheer en 'n dringende beroep word op boere gedoen om al hul beeste te laat inent,” sê Shikongo.

As deel van behoorlike monitering, word boere in hierdie dele ook versoek om hul beeste vir inspeksies te neem wanneer die veeartsenybeamptes dit versoek.

Intussen mag diere nie na hierdie siektebeheergebiede vervoer, die gebiede verlaat of binne die gebiede verskuif word nie.



OMVATTENDE REGULASIES

Diere mag wel vervoer word wanneer dit direk na abattoirs gaan. In die geval van Kavango-Wes en -Oos, mag diere vervoer word om geslag te word as bewys van inenting gelewer kan word (dit moes tussen 30 dae en ses maande tevore plaasgevind het).

Die beeste moet ook vooraf geïnspekteer word, waarna dit binne 72 uur geslag moet word.

Verder moet 'n amptelike veeartsenybewegingspermit uitgereik word.

Geen beeste sal egter toegelaat word om die krale en nedersettings waar die uitbrekings voorkom, te verlaat nie.

Shilongo sê in 'n verklaring diereprojekte soos rou vleis en ongepasteuriseerde melk, onbehandelde velle en huide, en onverwerkte wildtrofeë, veevoer, ongekookte wildespinasie asook akasiapeule mag nie in of uit die siektebeheergebiede vervoer word nie.

Die vervoer van bees- en skaapmis en ongekookte wurms (omahandja) binne en uit hierdie gebiede is ook verbode.

Om seker te maak mense gee hieraan gehoor, is padblokkades binne hierdie gebiede opgestel en toesighouers patrolleer die gebiede.

Diere wat in veeartsenybeheerde kwarantynkampe was voordat die siekte uitgebreek het, mag vervoer word.

Diere mag ook vir slagdoeleindes vanaf bek-en-klouseer vrye gebiede na die siektebeheergebiede vervoer word, mits dit binne 72 uur geslag word.

Die vervoer van kleinvee vanaf bek-en-klouseer vrye gebiede en binne die beheergebiede vir slag- sowel as teeldoeleindes, is toelaatbaar. Die vragmotors moet egter geseël wees.

Lewende diere met gesplete hoewe mag deur beheergebiede vervoer word as die voertuie waarop dit vervoer is, deur veeartsenydienste geseël is. Die op- en aflaai van dié diere moet onder amptelike toesig geskied.

Rou vleis mag vanuit bek-en-klouseer vrye gebiede na siektebeheergebiede geneem word, maar dan moet dokumente wat die oorsprong van die vleis staaf, getoon kan word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

6 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

6 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

6 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

6 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

6 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

6 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...