Bek-en-klouseer breek in Oshikoto uit
Bek-en-klouseer breek in Oshikoto uit
Maatreëls geld in vyf noordestreke
04 January 2021 | Landbou
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het gemaan teen ’n uitbreking van bek-en-kouseer in die Oshikotostreek.
Volgens ’n nuusverklaring van die ministerie is bek-en-klouseer verlede Maandag by twee beeste in ’n kraal in die Onamulunga-nedersetting in die streek opgemerk.
“Die uitbreking is Dinsdag tydens ondersoeke van veeartsenybeamptes bevestig toe twee uit die vyf beeste in die trop simptome van bek-en-klouseer getoon het,” lui die verklaring.
Volgens die dieregesondheidswet is die Olukonda-kiesafdeling waar die kraal geleë is, as ’n besmette gebied verklaar.
Volgens die verklaring is die streke van Oshikoto, Ohangwena, Oshana, Omusati en Kunene as siektebestuurgebiede (DMA’s) verklaar waar bek-en-klouseermaatreëls ingestel is.
Die regulasies behels ’n totale beperking op die beweging van alle diere met gesplete hoewe soos beeste, bokke, varke en wilde diere in óf uit die siektebestuursgebiede.
Produkte soos velle, huide, wildstrofeë, gras- en plantmateriaal is ook by die verbod op beweging ingesluit.
Sulke produkte en diere met gesplete hoewe mag ook nie in transito binne hierdie vyf streke beweeg nie.
“Alle permitte wat tevore uitgereik is, is gekanselleer en ongeldig vir die huidige bedeling,” lui die verklaring.
Volgens die ministerie is padblokkades op strategiese punte opgerig en patrolliespanne is in dié gebiede werksaam om beweging van hierdie diere te beperk.
“Ons is ook besig om die omvang van die uitbreking in al vyf streke te bepaal. Boere word versoek om hul vee na sekere krale te bring om vas te stel of die vee besmet is,” het die ministerie gesê.
“Rou vleis en ander diereprodukte uit gebiede vry van bek-en-klouseer en van die uitvoer-abattoir in die Zambezistreek na die bek-en-klouseergebied word wel toegelaat.”
Die ministerie het aangekondig dat die beheermaatreëls van die vroeëre uitbrekings in die Kavango-Oos- en -Wesstreek steeds van toepassing is.
“Alle verdagte gevalle moet by die naaste staatsveeartskantoor aangemeld word,” lui die verklaring.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
17 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
17 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
17 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
17 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
17 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
17 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
17 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
17 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies