Bejaardes herdenk hul dag
Maria Eiseb - Sowat 40 bejaardes van Katutura het onlangs saam met gemeenskaplike werkers Wêrelddag vir Bejaardes by me. Unomavandu Zemburuka se huis in die Herero-woonbuurt gevier.
Dié dag word op 1 Oktober herdenk.
Maatskaplike werkers van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het die senior burgers onder meer oor hul regte en reg op voorkeurbehandeling ingelig.
Me. Lucia Bock, maatskaplike werker, het tydens die geleentheid gesê bejaardes het die reg op deelname aan sosiale byeenkomste en toegang tot regsdienste. Hulle het ook die reg op liefdevolle behandeling en moenie toelaat dat hul kinders hulle mishandel nie. Die bejaardes moet ook nie huiwer om voorvalle van misbruik en geweld teen hulle by die polisie aan te meld nie.
Nog 'n maatskaplike werker, me. Alida Wallace, het die senior burgers aangeraai om noodnommers van onder meer die polisie neer te skryf en binne bereik te hou, sou daar 'n noodgeval wees.
Van die bejaardes het gesê hulle is wel bewus van hul reg op voorkeurbehandeling, soos aparte rye of toonbanke by instansies waar bejaardes uitsluitlik of eerste gehelp word. Tog, sê hulle, is daar plekke waar mense steeds nie in die verband wil saamwerk nie.
Die maatskaplike werkers en bejaardes het die borge, onder meer Namibian Breweries, werknemers van Bank Windhoek, Senior Park-ouetehuis wat twee banke geskenk het, en die werknemers van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir die ondersteuning bedank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie