Bejaarde egpaar wreed aangerand
Henriette Lamprecht
’n Bejaarde egpaar van Okahandja is Saterdag skuins ná middernag in hul huis in Okahandja deur gemaskerde mans oorval en aangerand.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is mnr. Dokkie Nel (73) en sy 65-jarige vrou deur ses gemaskerde mans in hul huis in Vedderstraat oorval. Mbeha sê die verdagtes het die Nels se kombuisdeur met ’n onbekende voorwerp oopgebreek en die egpaar met ’n geweer en messe aangehou. Die boosdoeners het onder meer ’n televisie, pistool, juweliersware en klerasie gebuit.
“Die egpaar is deur die verdagtes aangerand terwyl hulle op geld aangedring het,” het Mbeha gesê. Volgens haar is die egpaar tans in ’n stabiele toestand en is ’n klagstaat van roof met verswarende omstandighede geopen. Die verdagtes is steeds op vrye voet en volgens haar duur die ondersoek en die soektog na die mans voort.
“Die egpaar was vandag nog in erge skok en kon nie lig werp op die verloop van gebeure nie, omdat hulle mediese ondersoeke en behandeling moes ontvang vir die beserings wat hulle in die aanval opgedoen het,” het Mbeha gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie