Beheer oor huurpryse
Die nuwe huurindeks wat deur FNB Namibia bekendgestel is, is ‘n ryk bron van ekonomiese en maatskaplike data.
Die verslag is belangrik vir elke Namibiër – nie net hooggeleerdes nie. Die regering moet beslis ag op die indeks slaan.
Huurpryse en beleggings in eiendom is onder druk weens die resessie, maar ‘n gemiddelde prys van N$3 620 per maand vir ‘n enkelkamereenheid is steeds baie duur.
Ekonoom Daniel Kavishe benadruk groeiende druk op die verbruiker se beursie, vir wie daar geen noemenswaardige ander verligting is nie.
Aansienlike prysverskille tussen die hoofstad en ander dorpe in Namibië is nie net die gevolg van vraag en aanbod nie, maar ook ander faktore.
Die verslag waarsku opnuut teen die instel van streng, burokratiese beheer oor die huurmark. Een moontlike gevolg is ‘n aansienlike toename in pryse, wat verbruikers nog verder sal benadeel en nie die strewe na groter regverdigheid en deursigtigheid sal bevorder nie.
Kavishe sê ‘n huurburokrasie, wat landwyd inspekteurs sal moet aanstel, sal miljoene uit die staatskas jaag. Hiervoor sal nie net huurders nie, maar almal moet opdok. Groei sal dus bloot onder bykomende druk kom.
Die verslag stel verwysingspryse vir verskillende gebiede voor, met ‘n toelaatbare minimum en maksimum afwyking, byvoorbeeld 20%.
Die kern van die probleem bly steeds hoë kostes – wat net deur meer bekostigbare en vinniger beskikbaarstelling van grond en eiendomme afgedwing kan word.
Die behuisingstryd is lank nie gewen nie – en verg superslim oplossings.
So sê ander
20 Mei 2019
Volksblad sê
Die ontstokenheid van Universitas-inwoners in Bloemfontein oor ’n “halfweghuis” vir gevangenes wat onverhoeds in hul buurt beplan word, is goed te verstane.
Nie net is hulle glad nie oor die plan geraadpleeg nie, maar ook lyk alles met die prosedure vir ’n kontrak aan die huiseienaar, wat glo ANC-bande het, nie pluis nie. Voorts is die kontrakteur se verdagmaking van die Universitas-inwoners weens hul weerstand erg manipulerend, terwyl ware kwessies vermy word.
Die departement van korrektiewe dienste moet deeglik seker maak dat die diensverskaffer al die regte prosesse gevolg het. Die afdeling vir stadsbeplanning van die Mangaung-metro-munisipaliteit moet in oorleg met die DKD toesien dat alle prosesse wel gevolg is.
Natuurlik moet oudgevangenes die kans op rehabilitasie en inskakeling in die gemeenskap kry, maar dit moet met inagneming van realiteite en sonder risiko vir andere geskied. As inwoners van die misdaadgeteisterde Universitas vooraf betrek en bemagtig is met inligting, sou hulle die saak dalk anders kon benader het en selfs die kans kon benut het om na die paroolgangers uit te reik.
Maar dit is onverskoonbaar dat hulle nou die blaam kry.
Hopelik lei die vergadering van die DKD en betrokkenes en ’n openbare vergadering op 29 Mei tot ’n wen-wen-situasie alkante toe.
• VOLKSBLAD/NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie