Begrafnisondernemer, nog twee vas toe hulle gesteelde grafsteen terugbring
Drie mans is agter tralies nadat hulle ‘n grafsteen na sy oorspronlike plek teruggebring het wat in Mei vanjaar uit die Golgota-begraafplaas in Windhoek gesteel is. Volgens die polisie het ‘n veiligheidswag gesien hoe die mans in ‘n private voertuig die begraafplaas binnery en die gesteelde grafsteen weer op sy oorspronklike plek terugplaas. Die bestuurder van die voertuig is volgens die polisie ‘n begrafnisondernemer. Die waarde van die gesteelde grafsteen is N$13 000.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie