Befaamde oogdokter besoek Namibiu00eb
Befaamde oogdokter besoek Namibiu00eb

Befaamde oogdokter besoek Namibië

Dr. James Aquavella ondersteun 'n geldinsamelingsprojek ten bate van die Skool vir Gesiggestremdes in Windhoek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die dokter wat verlede jaar verantwoordelik was vir 'n suksesvolle operasie waarna 'n eenjarige Namibiese dogtertjie haar sig herwin het, het verlede week besoek aan die land gebring om onder meer dié delikate prosedure met plaaslike oogkundiges te deel.

Dr. James Aquavella, 'n professor in oogheelkunde van die Flaum-ooginstituut in Amerika, het in September en Oktober verlede jaar twee suksesvolle kornea-inplantings op klein Mariana Grobler uitgevoer.

Mariana is met 'n rare siekte, bekend as “wit kornea” gebore, maar het nou 20/20-visie in albei oë.

In 'n onderhoud met Republikein het Aquavella gesê deel van sy besoek, sy eerste aan Namibië, was om die Boston Keratoprostese (KPro) met eweknieë en mediese studente te bespreek.

Die KPro is die kunsmatige kornea of keratoprostese wat die meeste gebruik word en is 'n behandelingsopsie vir korneasiektes waar standaard indringende keratoplastie (PKP) of 'n korneale oorplanting nie gedoen kan word nie.

Volgens Aquavella is die siektetoestand waarmee Mariana gebore is, uiters raar en in die wêreld is dit net hy en sy span wat dié prosedure op pasgebore babas uitvoer.

“Uit agt miljard mense in die wêreld is daar slegs 27 000 met die siekte - dis een uit elke twee miljoen mense.”

Die siektetoestand staan bekend as Peter's Anomaly en kom in ver­skillende grade van gevorderdheid voor.

Aquavella voer reeds die ­afgelo­pe 50 jaar die prosedure uit wat Mariana se sig herstel het.

Volgens hom manifesteer die toestand reeds in die uterus tydens swangerskap en word die baba hiermee gebore.

“Oor die afgelope jare het ons met aaklige blinde gevalle gewerk, maar in die meeste gevalle kon ons bruikbare visie vir tot vier jaar herstel.”

'n Goeie vriend by die Harvard-universiteit ontwerp die prostese wat tydens die operasies gebruik word.

“Die apparaat is 3 mm in die middel en word in 'n ­laboratorium in Boston, Massachusetts by Harvard gemaak,” het Aquavella gesê.

In die vroeë 2000's het ­Aquavella met 'n nuwe ontwerp vorendag gekom wat volgens hom baie meer suksesvol is.

Chirurgiese tegnieke, protokol en stelsels is ook ontwikkel om die sukses van die prosedure en ­langdurige onderhoud daarvan te verbeter.

Die sukseskoers is sowat 80%.

Aquavella verduidelik in die gevalle van pasgebore babas wat sonder sig gebore word, moet die baba se brein eers “leer” sien.

“Wanneer die stimulus nie plaasvind nie, skakel die brein af. Sommige breine is meer 'plasties' en kan weer aanpas en die sig kom terug, ander 'skakel af' en sig keer nooit weer terug nie,” sê hy.

Volgens Aquavella is die ideaal om die prosedure uit te voer wanneer die baba ses weke oud is.

Die spanlede wat hom in die operasies bystaan, is elk 'n kenner op sy onderskeie vakgebied, en alle besluite word as 'n span namens die pasiënt geneem.

'n Ondersteunende administratiewe span sorg onder meer vir die insamel van inligting wat aan elke dokter in die span gestuur word.

Aquavella maan dit is baie belangrik dat die baba se gesin of familie die vermoë, gewilligheid en intellektuele kapasiteit het om die pasiënt nie net na afloop van die prosedure nie, maar ook vir die res van haar of sy lewe op die regte manier te ondersteun.

“Is die pasiënt naby genoeg aan 'n dokter met kennis, en kan die opvolg en nasorg aan my gekommunikeer word? Indien nie is dit 'n mors van hulpbronne.”

Dis meestal ma's wat hul babas diagnoseer, sê Aquavella, omdat 'n ma die eerste persoon is wat die baba met sy of haar oë oop sien. Die afgelope dekade het hy en sy span die prosedure op 100 babas uitgevoer.

“Ons kan elkeen 'n kans gee. As jy aan 'n baba sig kan gee om die brein te stimuleer, dra dit geweldig by tot die ontwikkeling van die kind,” sê hy.

Hoewel Aquavella al verby aftree-ouderdom is, is aftree geensins deel van sy planne nie.

Daarvoor is sy passie vir sy werk te groot en reis hy die wêreld plat om onder meer lesings oor die ­delikate prosedure te doen.

Aquavella se pa was 'n ­algemene praktisyn en Aquavella het dus tussen medisynetasse, hospitale en spreekkamers grootgeword.

Sy pa se raad was egter om nooit net 'n algemene praktisyn te word nie, maar om eerder te spesialiseer.

Intussen het dr. Aquavella sy gewig agter 'n geldinsamelingprojek gegooi wat ten doel het om geld vir die Skool vir Gesiggestremdes in Windhoek in te samel - waar hy ook besoek afgelê het. Volgens me. Susan Grobler, Mariana se ma, het die besoek die dokter oorweldig en is daar van die kinders wat hy bitter graag sou wou help. Skenkings vir dié kinders kan gemaak word aan die Daniela Medical Trust, Nedbank, rekeningnommer: 110 100 221 95, takkode: 461 609. Gebruik “Skool vir Gesiggestremdes” as verwysing. Vir enige navrae, kontak Susan by 081 260 0670.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%