Beampte wat tiener glo verkrag 'n familievriend
'n Vermeende slagoffer se ma sê dit was 'n uitdaging om die verdagte in hegtenis te laat neem.
Henriette Lamprecht
Hulle moet ons beskerm, maar hulle maak ons seer.
Só sê die ma van 'n 16-jarige meisie wat na bewering deur 'n polisiebeampte verbonde aan die stadspolisie verkrag is.
Die beampte was haar seun se peetpa en 'n vertroude familievriend, sê sy.
Mnr. Omar Jossob (39) het verlede week, drie maande ná drie klagte van verkragting teen hom aanhangig gemaak is, uiteindelik in die Windhoek-landdroshof verskyn.
Hy is steeds in aanhouding tot die saak op 19 Maart aanstaande jaar hervat.
Volgens Fiona* was Jossob 'n familievriend wat gereeld saam met sy negejarige seuntjie by haar, haar dogter en haar tienjarige seun gekuier het.
Wanneer sy uitstedig was, het Jossob glo soms by haar huis oorgeslaap.
“Hy het altyd by ons huis gekuier en ek kon hom altyd vra om agter die kinders te kom kyk as ek uitstedig was. Sy seuntjie en myne is groot vriende en speel saam,” sê Fiona.
Haar kind het Jossob vertrou, sê sy.
“Dit is iemand wat sy ken. Sy seuntjie het naweke gereeld by ons gebly. Hy het lekkernye gekoop, hulle swembad en movies toe gevat, en so het hy haar vertroue gewen.”
Fiona beweer die eerste verkragting was “by my huis op my kind se eie bed” in Maart vanjaar.
Sy sê sy was uitstedig en het Jossob gevra om haar kinders op te pas.
“Hy het sy kind eers die Vrydag gebring. Die naweek het hulle saam movies gelê en kyk op matrasse. Toe die kleintjies slaap, het hy haar na haar kamer toe geneem,” sê Fiona.
Die tweede verkragting het glo in April by Jossob se huis plaasgevind en die derde na wat verneem word weer by Fiona se huis.
“Hy het glad nie 'n kondoom gebruik nie. Gelukkig was sy nie swanger nie, maar sy het 'n infeksie gekry en moes daarvoor behandel word. Sy moet ook MIV-medikasie gebruik.”
Haar dogter het alles in Augustus vanjaar aan haar geopenbaar, sê sy.
“Sy het aanhoudend gehuil en was depressief. Ek was baie geskok toe ek uitvind en het nie geweet wat om te doen nie.”
Volgens Fiona sien haar dogter elke week 'n sielkundige en is sy 'n “hele senuweewrak”.
Sy het haar lewe glo drie keer probeer neem, en die beweerde voorvalle het 'n groot impak op haar skoolwerk en graad 11-jaar gehad.
“Sy het so gehuil soggens as sy moes skool toe, en kon glad nie konsentreer nie. Die dokters het besluit dit is beter dat ek haar eerder vir 'n maand by die huis hou.”
Fiona sê haar dogter, wat 'n toppresteerder was, se punte het drasties gedaal.
“Ek moes baie mooi met haar praat en vir haar sê volgende jaar sál sy dit maak.”
Volgens die ma was dit “'n groot gesukkel” om die polisie sover te kry om Jossob in hegtenis te neem.
“Dit het maande gevat. So het hy rondgestap, so asof hy wou wys 'ek sal doen wat ek wil'. Dit voel hy het die mag, hy kan doen net wat hy wil. Terwyl hulle ons moet beskerm, is dit hulle wat ons seermaak.”
* 'n Skuilnaam
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie