Basters boos by byeenkoms
'n Aanvanklike mosie van vertroue in 'n komitee wat die tussentydse Baster-kaptein verwerp, het duskant geweld op Rehoboth geëindig.
Denver Kisting
Honderde lede uit die Baster-gemeenskap het Sondagmiddag op die Hermanus van Wyk-gedenksaal op Rehoboth toegesak om oor hul kaptein te besin.
Die vergadering, wat skuins ná 15:00 met dreunsang afgeskop is, is egter tydens die vrae-en-antwoord-geleentheid in chaos gedompel toe die mikrofoon uit die hand van 'n bejaarde inwoner, mnr. Johannes van Wyk (72), gegryp is.
Dít het daartoe aanleiding gegee dat die vergadering summier met die geloofsbelydenis beëindig is, terwyl Van Wyk aangehou het om sy griefskrif voor te lees.
Die doel van die vergadering was volgens die voorsitter, mnr. Heleon Beukes, om toestemming te kry om kapsie oor die tussentydse kaptein, mnr. Martin Dentlinger, te maak.
Dentlinger het later dié dag by sy huis aan die media gesê hy beklee reeds sedert 2013 die pos en baie van die mense wat tans gekant is teen sy aanstelling, het hom destyds gesoebat om die amp te aanvaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie