Barmhartige elektrisiu00ebn wil 'n verskil maak
Barmhartige elektrisiu00ebn wil 'n verskil maak

Barmhartige elektrisiën wil 'n verskil maak

Veral bejaardes en enkelma's bel hom om hulle met elektriese probleme te help.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ek is vandag wie en waar ek is omdat mense my gehelp het en nou gee ek terug,” sê mnr. Leandro Ngola (33) van Lüderitz.

Vir die afgelope meer as drie jaar bied hy sy dienste as elektrisiën gratis na-ure aan bejaardes, pensioenarisse, enkelma's en arm mense aan.

Ngola is op Rundu gebore en het daar skoolgegaan.

“Dit was nie maklik nie. Aangesien mense my deur skool en selfs later gehelp het kon ek my skoolloopbaan voltooi. Ek het dit deur skool gemaak met die hulp van mense en dit is hoekom ek vandag ander mense help.”

Volgens hom was hy talle kere moedeloos en het hoop verloor, dan het iemand weer opgedaag en sy vervoer- of eksamenkostes betaal.

Hy het sy hoërskoolloopbaan op Samangorwa sowat 90 kilometer buite Rundu voltooi.

“Ek het 'n beurs van NamPower gekry om 'n diploma in elektriese ingenieurswese te studeer en selfs die aansoekvorm vir die beurs het iemand vir my gegee om in te vul,” het hy gesê.

Nadat hy sy diploma ontvang het, het hy 'n kontrak van NamPower gekry om vir drie jaar vir hulle te werk, waarna hy vir die ministerie van werke en vervoer begin werk het.

Hy was op Gobabis gestasioneer toe hy van 'n pos op Lüderitz gehoor en aansoek gedoen het. Hy woon sedert Februarie 2020 op Lüderitz en het onmiddellik weer met die gratis diens begin.

“Ek het dit onlangs op Facebook geplaas sodat ek meer mense in die gemeenskap kan bereik. Ek werk nog steeds vir die ministerie en doen die werk na-uurs, oor naweke en op openbare vakansiedae. Veral bejaardes en enkelma's bel my baie vir hulp. Ek help veral baie met die verbinding of herstel van elektriese bedrading, beligting en geisers.”

Volgens Ngola kry hy soms 'n koppie koffie, 'n koeldrank of koekies van mense om dankie te sê. Soms bied mense hom 'n paar dollars aan, wat hy van die hand wys.

“Ek benodig geen beloning nie. Ek is nie meer alleen nie. Wat ek daarmee bedoel, is dat Pupkewitz vir my 'n volledige gereedskapstel wil gee. Die dorpsraad het ook gesê hulle sal kyk na 'n perseel van waar ek kan werk en NamPower het hulle hulp aangebied sodat ek meer mense kan help.”

“Ek hoop meer mense probeer om ander te help. Ek dink nie dat ek of wat ek doen besonders is nie en ek dink enigiemand kan iets vir hulle medemense doen om hulle lewe bietjie makliker te maak.

“Ek het nie N$100 om iemand te gee nie, maar ek het 'n vaardigheid wat iemand N$100 kan spaar. Daar is baie ellende daar buite en as ons elkeen net 'n bietjie doen om te help, sal ons 'n groot verskil maak, veral in die persoon se lewe vir wie ons help.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!