Barclays hof toe gesleep oor koperprys
Red Kite Management, die wêreld se grootste verskansingsfonds vir metale, dagvaar Barclays vir die manipulering van koperpryse tussen 2010 en 2013 wat die fonds glo skade van US$850 miljoen laat ly het.
Verskeie skandale het dié Britse bank die afgelope paar jaar getref. Barclays is onder meer swaar beboet vir die manipulering van die Londense Interbank Aangebode Koers (Libor), die maatstaf vir rentekoerse op termynkontrakte.
Red Kite beweer dat Barclays se werknemers, soos met ander prysmanipulering, vertroulike inligting oor Red Kite se posisies met makelaars by die Londense metaalbeurs gedeel het. Dit het Barclays-makelaars in staat gestel om wins te maak deur die sluitingsprys van die metale op te jaag.
Die bewerings kom uit hofstukke wat reeds in Oktober 2016 by Brittanje se hooggeregshof ingedien is, maar wat pas openbaar gemaak is.
In sy opponerende dokumente ontken Barclays al die bewerings teen hom.
Die kopermark is wêreldwyd US$150 miljard per jaar werd.
Barclays en Red Kite wou nie verder kommentaar lewer nie. Die Londense metaalbeurs sê hy het streng regulasies teen markmanipulering en enige makelaar wat daaraan skuldig bevind word, sal dissiplinêr vervolg word.
Die tydperk gaan oor die bloeitydperk in koperpryse, toe sterk Chinese ekonomiese groei die koperprys tot selfs meer as US$10 000 per ton opgejaag het.
Daar is geen aanduiding wanneer die saak aangehoor gaan word nie. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie