Barclays Africa wil Mosambiekse bank verkry
Barclays Africa, wat reeds in 12 lande in Afrika bedrywig is, wil nou Mosambiek se Moza Banco verkry.
Volgens bronne is Barclays Africa tans die voorloper onder drie maatskappye wat dokumente by die land se reserwebank ingedien het.
’n Onafhanklike paneel sal die aansoeke hersien en in Julie bekend maak wie die suksesvolle bieër is.
Barclays Africa se bestaande bedrywighede in Mosambiek is tans te klein om aan hom ’n dominante posisie in die mark te gee. Die verkryging kan hom dus help om vinnig uit te brei, meen twee bronne met kennis van die proses.
Die verkryging volg op die likwidasie van twee banke in Mosambiek in Mei en die sluiting van O Nosso Banco in November.
Die land se reserwebank het in September beheer van Moza Banco oorgeneem nadat koste die hoogte ingeskiet het en die solvensieverhouding van die land se vierde grootste bank tot nul geval het.
Die reserwebank het in Oktober gesê hy gaan Moza Banco stabiliseer en voorbereidings tref om dit te verkoop.
Twee maatskappye onder staatsbeheer het sedertdien nie hul lenings betaal nie, inflasie het tot bykans 22% opgeskiet en die koste van skuld het die hoogte ingeskiet nadat hulp gestaak is.
Moza Banco se beleggers kon nie die sowat $120 miljoen in kapitaal verskaf om die bank te red nie, het Zitamar News in Februarie berig.
Atlas Mara, die finansiëledienstemaatskappy met Bob Diamond, die voormalige hoof van Barclays Plc, as een van sy stigters, het dit ook oorweeg om Moza Banco te koop. Ashish Thakkar, die ander stigter van Atlas Mara, het egter gesê hulle het besluit om nie voort te gaan met hul aanbod nie. Hy het geen redes daarvoor gegee nie.
Barclays Africa is ook in beheer van Absa in Suid-Afrika. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie