Barcelona-botsing 'n droom vir 'Zen-Ten'
Die Namibiër se drie doele teen FC Zurich het haar klubspan teen die volgende grote in Europa te staan gebring.
Die Brave Gladiators se begaafde doelskieter Zenatha Coleman sien in afwagting uit na die kans om volgende maand teen die Spaanse klubreus Barcelona te speel.
Die Namibiër speel in Litoue vir die beroepsklub Gintra Universitetas, wat in afgelope Maandag se trekking van die Europese Kampioenebekerreeks vir vroue geloot is om in die rondte van 16 teen Barcelona te staan te kom.
Coleman, wat by spanmaats ook die bynaam Zen-Ten het, het dié week aan die nuusagentskap Nampa gesê om teen Barcelona te speel, is vir haar 'n droom wat waar word. Sy kan nie wag om haar vernuf teen een van die wêreld se beste vrouespanne te toets nie.
“Dit sal beslis nie maklik wees nie, maar dit beteken nie ons gaan dit vir hulle maklik maak nie.
“As ek 'n doel kan aanteken of bydra tot 'n doel vir ons span, sal dit baie spesiaal wees en dit kan selfs 'n keerpunt in my loopbaan teweeg bring,” sê Coleman.
Die tuis-en-weg kragmetings is vir die naweke van 8 en 15 November geskeduleer.
Coleman sê haar spanmaats het juis voordat die trekking gedoen is, met opgewondenheid gehoop dat hulle volgende teen Barcelona sal speel vir 'n plek in die kwarteindronde.
“Dit is elf spelers teen elf en ons sal nie terugstaan en kyk hoe hulle sokker speel nie.”
Al is die kompetisie in die Europese Kampioeneliga baie taai en fisiek, is die Namibiër in haar skik dat Gintra Universitetas reeds die mylpaal van die laaste 16 oorblywende spanne gehaal het.
“Ek dink ons is nou beter voorbereid, soos ons gewys het toe ons in ons laaste wedstryd vir FC Zurich uitgeskakel het,” sê sy, verwysend na die kragmeting waarin sy al drie doele aangeteken het waarmee die Switserse span met 'n aggregaat telling van 3-2 geklop is.
Die verdedigende kampioenspan van die Uefa Kampioeneliga en vyfmalige wenners, Lyon van Frankryk, is geloot om teen BIIK Kazygurt van Kazakstan vir 'n plek in die kwarteindronde te speel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie