Bank Windhoek, NAGN loods triënnale vir 2020
Op 9 Januarie het Bank Windhoek, in samewerking met die Nasionale Kunsgalery (NAGN) die 2020 Bank Windhoek-triënnale bekend gestel. Kunstenaars met Namibiese burgerskap of dié wat permanent hier woon, kan vir die kunskompetisie inskryf.
Die Bank Windhoek-triënnale is ‘n kompetisie wat elke drie jaar gehou word, en word dié jaar vir die vyfde keer aangebied. Die eerste kompetisie het in 2008 plaasgevind, terwyl die vyfde ronde in September sal plaasvind.
Die kompetisie word deur Bank Windhoek geborg en deur die NAGN georganiseer. Die triënnale is ‘n viering van visuele kuns in Namibië, terwyl dit die land se visuele kunsbedryf help ontwikkel en bevorder. Die uitstalling, waarop die kompetisie uitloop, is ook ‘n geleentheid om by ‘n gesprek oor kulturele diversiteit in die Namibiese gemeenskap betrokke te raak en eenheid in diversiteit te bevorder. Deelnemers bo die ouderdom van 18 kan uitsien na opwindende pryse in die verskillende kategorieë.
“Die galery is opgewonde oor die voortgesette vennootskap met Bank Windhoek, ons hoofborg, vir die 2020 Bank Windhoek-triënnale. Ons sien uit na innoverende kunswerke en moedig alle kunstenaars aan om vir die kompetisie in te skryf. Hierdie is nie net ‘n geleentheid om pryse te wen nie, maar ook ‘n belangrike platform vir die smee van bande en ‘n kans om hul portefeuljes te slyp,” het die uitvoerende hoof van die NAGN, me. Snobia Kapatu, gesê.
‘n Paneel van plaaslike en internasionale beoordelaars sal kunswerke vir die uitstalling kies en die wenners aanwys. Die uitstalling open op 3 September en sluit op 7 November.
Verdere navrae kan aan die NAGN se kurator of die kommunikasie- of bemarkingsdepartemente gerig word. Skakel 061 231 160, 061 231 391, of 081 806 8694/2, of stuur ‘n e-pos na [email protected] of [email protected]. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 26 Junie 2020.
Aansoekvorms kan by www.nagn.org.na of www.bankwindhoek.com.na afgelaai word. Harde kopieë is by die NAGN-kantoor, Bank Windhoek-takke landswyd en alle streekraadskantore beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie