Bank Windhoek, NAGN loods triënnale vir 2020

17 January 2020 | Kuns en vermaak
Op 9 Januarie het Bank Windhoek, in samewerking met die Nasionale Kunsgalery (NAGN), die 2020 Bank Windhoek-triënnale bekend gestel. Kunstenaars met Namibiese burgerskap of dié wat permanent hier woon, kan vir die kunskompetisie inskryf.

Die Bank Windhoek-triënnale is ’n kompetisie wat elke drie jaar gehou word, en word dié jaar vir die vyfde keer aangebied. Die eerste kompetisie het in 2008 plaasgevind, terwyl die vyfde ronde in September sal plaasvind.

Die kompetisie word deur Bank Windhoek geborg en deur die NAGN georganiseer. Die triënnale is ’n viering van visuele kuns in Namibië, terwyl dit die land se visuele kunsbedryf help ontwikkel en bevorder. Die uitstalling is ook ’n geleentheid om by ’n gesprek oor kulturele diversiteit in die Namibiese gemeenskap betrokke te raak en eenheid in diversiteit te bevorder. Deelnemers bo die ouderdom van 18 kan uitsien na opwindende pryse in die verskillende kategorieë.

“Die galery is opgewonde oor die voortgesette vennootskap met Bank Windhoek, ons hoofborg, vir die 2020 Bank Windhoek-triënnale. Ons sien uit na innoverende kunswerke en moedig alle kunstenaars aan om vir die kompetisie in te skryf. Hierdie is nie net ’n geleentheid om pryse te wen nie, maar ook ’n belangrike platform vir die smee van bande en ’n kans om hul portefeuljes te bevorder,” het die uitvoerende hoof van die NAGN, me. Snobia Kapatu, gesê.

‘n Paneel van plaaslike en internasionale beoordelaars sal kunswerke vir die uitstalling kies en die wenners aanwys. Die uitstalling open op 3 September en sluit op 7 November.

Verdere navrae kan aan die NAGN se kurator of die kommunikasie- of bemarkingsdepartemente gerig word. Skakel 061 231 160, 061 231 391, of 081 806 8694/2, of stuur ’n e-pos na [email protected] of [email protected] Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 26 Junie 2020.

Aansoekvorms kan by www.nagn.org.na of www.bankwindhoek.com.na afgelaai word. Harde kopieë is by die NAGN-kantoor, Bank Windhoek-takke landswyd en alle streekraadskantore beskikbaar.

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...