Bank gekant teen Omeya-likwidasie
Bank gekant teen Omeya-likwidasie
Probleme met kontant glo oorkombaar
09 December 2020 | Howe
Elvira Hattingh
Bank Windhoek het die hoërhof genader om Omeya se ontwikkelaarsmaatskappy onder geregtelike bestuur te plaas eerder as om die onderneming te likwideer.
Die bank meen Omeya Gholf- en Residensiële Oase (Ogro) se kontantvloeiprobleme kan op verskeie maniere beredder word, terwyl Ogro glo ook nie heeltemal oop kaarte oor sy inkomstebronne in sy aansoek gespeel het nie.
Die saak is gister tot vandag uitgestel nadat partye die hof versoek het vir meer tyd vir onderhandelinge.
In 'n beëdigde verklaring deur mnr. Anton de Wit voer Bank Windhoek aan Ogro kan steeds suksesvol bedryf word.
Hy sê die verkoop van die Gholf-akademie aan die Omeya-huiseienaarsvereniging kan die nodige kontantvloei voorsien. Die vereniging het glo reeds 'n aanbod aan die akademie gemaak.
Volgens die bank ontvang Ogro ook maandeliks geld van huiseienaars vir heffings op verskeie dienste asook die verkoop van eiendomme.
De Wit sê verskeie maatskappye wat 'n direkte en groot belang in die landgoed het, is nie by die aansoek ingesluit nie. Hy verwys onder meer na die eiendomsagentskap, private skool, die huiseienaarsvereniging en Lilamed.
Ogro skuld Bank Windhoek meer as N$133 miljoen.
Die wet op maatskappye voorsien vir geregtelike bestuur indien 'n sukkelende onderneming nog gered kan word. - [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies