Babameisie Donderdag begrawe
Babameisie Donderdag begrawe

Babameisie Donderdag begrawe

Denver Kisting


Denver Kisting – Die twee weke oue meisietjie wat verlede week op Rehoboth dood is nadat haar pa haar na bewering verkrag het, word Donderdag op haar geboortedorp begrawe.

Dít kom nadat ’n nadoodse ondersoek gister op haar erg geskende lykie in Windhoek gedoen is.

Na wat verneem word, word ’n optog teen die gruvoorval vir Donderdag beplan.

Die pa, mnr. Gert Skrywer (26), het gister in die Rehoboth-landdroshof op aanklag van moord en verkragting verskyn.

Sy saak is tot 22 September vanjaar uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer