Baba-olifant se slurp in draadstrik

18 March 2021 | Omgewing
Tanja Bause

’n Toeris het onlangs Elephant Human Relations Aid (EHRA) se aandag op ’n woestynaangepaste baba-olifant gevestig wat met ’n draadstrik om sy slurp rondloop. Die olifant is saam met sy trop in die boonste deel van die Huabrivier gesien.

Me. Rachel Harris, besturende direkteur van EHRA, en haar span kon nie die trop identifiseer nie, omdat dit nie ’n trop is wat hulle ken nie.

“Ons het die navorsers gekontak wat die olifante in die Hoanib- en Hoarusibrivier ken en hulle het die trop geïdentifiseer.

Die foto’s in reeds in Januarie geneem en ons was nie seker of die baba-olifant nog lewe nie. Ons het onmiddellik ’n soektog na die trop en baba die Maandag begin. Die volgende dag het ons die boodskap gekry die trop is naby Palmwag gesien en die kleintjie vaar goed onder omstandighede.”

EHRA het vir die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme om hulp gevra.

“Hulle het vir dr. Axel Hartmann gestuur wat die olifant dopgehou het. Sy waarneming was dat die seerplek gesond is en dit lyk of die olifant by omstandighede aangepas het. Die res van die slurp sal vanself afval. Om die olifant te vang, sal te veel stres op die trop en die dier plaas,” sê Harris.

“Alhoewel ’n slurp belangrik vir ’n olifant is, is die verlies van die voorste punt nie ’n doodsvonnis nie. Die baba-olifant sal vinnig leer en aanpas om sonder sy twee ‘vingers’ – wat nou verlore is – oor die weg te kom.”

Daar is nog ’n olifant in die Huabrivier wat ook die voorpunt van sy slurp verloor het. Vermoedelik ook op dieselfde manier. Die olifant is nou ’n groot bul en hy gaan aan met sy lewe, volgens haar.

“’n Strik is beslis nie vir ’n olifant bedoel nie, maar dit wys net wat kan gebeur wanneer mense draadstrikke stel. Mense maak die strikke self, maar kan dit ook by die plaaslike groothandelaar aankoop. Dit maak geen sin hoekom hulle toegelaat word om draadstrikke te verkoop.”

Die woordvoerder van die omgewingsministerie, mnr. Romeo Muyunda, het nie op vrae gereageer nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

3 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

15 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

15 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

15 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

15 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

15 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

15 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...