August 26 skenk PPE's aan gesondheidsministerie
August 26 skenk PPE's aan gesondheidsministerie

August 26 skenk PPE's aan gesondheidsministerie

Henriette Lamprecht
August 26 het persoonlike beskermende toerusting (PPE) ter waarde van N$2,9 miljoen aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk. Die toerusting sluit mediese handskoene, maskers en oorpakke in. Volgens die uitvoerende hoof,
Ndajoina Shalumbu, het die Covid-19-pandemie tot 'n dramatiese verlies van Namibiese lewens en ongekende uitdagings vir die openbare gesondheidsektor gelei en die land se ekonomie vernietig. Daarom behoort die regering nie alleen die gesondheidskrisis aan te durf nie, het Shalumbu gesê.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer