August 26: Bates gekonfiskeer

N$26 miljoen wanbestee

15 January 2021 | Politiek
Kristien Kruger – Die hoërhof in Windhoek het verlede maand bevel gegee dat beslag gelê word op die eiendom en motors van die voormalige finansiële bestuurder van die August 26 Textile-maatskappy, mnr. Paulus Moshana.

Moshana is in September verlede jaar deur 'n dissiplinêre komitee skuldig bevind aan wanbesteding van sowat N$25,7 miljoen.

August 26 is 'n maatskappy in staatsbesit onder die ministerie van verdediging.

Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het die aansoek teen Moshana in Desember 2019 ingedien.

Hoërhofregter Harold Geier het verlede maand die hofbevel gegee dat op sy besittings beslag gelê word. Dit sluit in sy eiendom op Walvisbaai, 'n Jeep Cherokee, Toyota Landcruiser 70, Volkswagen Polo en 'n trekker.

Volgens die hofbevel is inspekteur Johan Nico Green van die Namibiese polisie se eenheid teen geldwassery aangewys om die eiendomme in besit te neem.



AR VERSOEK ONDERSOEK VAN OUDITEURS

Die beweging Affirmative Repositioning (AR) het by monde van sy leier en hoofaktivis, dr. Job Amupanda, in 'n brief aan die Raad vir Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs (PAAB) 'n ondersoek na die ouditeringsproses van August 26 aangevra.

“As aktivis is ek al geruime tyd betrokke in die stryd teen korrupsie in die ministerie van verdediging, veral in die saak oor die August 26 maatskappy.

Verdediging is een van die ministeries wat jaarliks die meeste geld uit die belastingbetaler se kas ontvang.

“Die saak van die onwettige en onverklaarde oordrag van N$200 miljoen van die ministerie van verdediging na August 26 is kommerwekkend,” sê Amupanda in die brief.

Hy het ook rede om te glo dat die miljoene buite die tesourie se wette oorgedra is.

Die voormalige minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het op 7 Januarie aan die Namibian Sun bevestig dat hy nie bewus is van enige betaling van die ministerie van finansies na August 26 nie.

“Daar was ook geen begroting vir August 26 nie. Of die ministerie van verdediging dit betaal het, weet ek nie.”

Die feit dat die minister van finansies nie van die N$200 miljoen se betaling geweet het of kon bevestig dat dit nie in die begroting was nie, wys die oorbetaling kon nie wettig wees nie, skryf Amupanda in sy brief aan die PAAB.

“Dit is onder my aandag gebring dat die ouditeursfirma PwC verantwoordelik was vir die ouditering van August 26. As ouditeurs moes hulle sekerlik verskillende ongerymdhede bespeur het, veral ten opsigte van die onwettige oordrag van N$200 miljoen,” het hy gesê.



EGPAAR SE EIENDOM

Die hofdokumente noem ook Moshana se vrou, me. Ester Ndinelago Shimwandi, wat as rekenmeester in sy kantoor gewerk het, en haar beweerde betrokkenheid by die wanbesteding.

Moshana het glo in die tyd nadat hy reeds as verdagte aangemeld is, van sy eiendom verkoop.

Die hofstukke gee verder 'n uiteensetting van Moshana se bedrywighede in verband met die koop en verkoop van eiendom.

Hy en sy vrou het in 2016 'n plot in Kuisebmond vir sowat N$300 000 gekoop en dit in Desember 2018 vir N$865 000 verkoop.

In Junie 2017 het hulle 'n eiendom van N$1 miljoen in Omuthiya gekoop en dit in September 2018 verkoop.

Die egpaar het in April 2018 'n huis in Doradopark vir sowat N$2,1 miljoen gekoop.

Volgens die hofstukke het Imalwa gesê sy is bekommerd dat Moshana en sy vrou besig is om die eiendom te verkoop en weg te steek wat hulle op 'n onwettige wyse bekom het.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...