As die wind waai, glimlag ons
Tanja Bause
Vir die elfde keer vind die Lüderitz Speed Challenge plaas, met seilplank- en sweefskiryers van oor die hele wêreld wat op die kusdorpie Lüderitz toegesak het om nuwe wêreldrekords op te stel.
Die byeenkoms is die afgelope jare deur Sophie Routaboul en Sebastien Cattelan gereël, wat ook die stigters van die Lüderitz Speed Challenge is. Verlede jaar en vanjaar bied Raffaello Gardelli en Mark Grinnell van Surf 'n Curve gebaseer in Kaapstad dit aan. Beide is toegewyde spoedseilplankryers.
“Dit is die enigste plek ter wêreld waar jy wêreldrekords kan opstel,” het Raffaello gesê, wat ook deelneem. “Dit is die enigste kanaal waarvan die hoek reg is om rekords op te stel. Lüderitz het inderdaad die vinnigste water ter wêreld.”
Onder die deelnemers tel Karo van Tonder van Suid-Afrika wat laasjaar - met geen vorige ervaring in spoedseilplankry - die vinnigste vrou in Afrika en Suid-Afrika geword het. Vanjaar het sy haar rekord verbeter en is nou met 40.12 knope wéér die vinnigste vrou in Afrika en Suid-Afrika.
“Dit is die tweede keer dat ek op Lüderitz is om deel te neem,” het sy gesê.
“Die eerste week van die Speed Challenge was daar geen wind nie. Ek het my ouers en my man vir morele ondersteuning saamgebring. Omdat daar nie eens 'n briesie was nie, kon ons Lüderitz en die omgewing verken. Ons het Kolmannskop besoek en in die see geswem; dit was wonderlik!” het sy gesê.
Die eerste dag dat die wind begin optel het, het sy op haar seilplank geklim en haar vorige rekord verbeter.
Intussen het Andy Laufer die Duitse, Hans Kreisel die Nederlandse, Vincent Valkenaers die Belgiese en Pep Bonet die Spaanse nasionale rekords verbeter.
Daar is deelnemers vanuit Oostenryk, Australië, België, Frankryk, Swede, Nederland, Ierland, Suid-Afrika, Italië, Switserland, die Verenigde Koninkryk en Tsjeggië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie