Argentynse narre 'n eerste
Twee narre van die befaamde Argentynse Mandragora-sirkus maak Vrydagaand hul buiging by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in Windhoek. Mariana Silva en Juan Cruz Bracamonte en hul woordlose opvoering is net vir een aand te sien. Hulle vertel 'n storie waar komedie, liefde en gedagtes deur die "internasionale taal van lag" verstaan word. Van musiek tot akrobatiese toertjies is deel van die vertoning. Die Mandragora-sirkus het al in meer as 30 lande opgetree. In Afrika was hulle al in Marokko, Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Kenia en Tanzanië te sien. Voorafbetaalde kaartjies kos N$80, terwyl kaartjies ook teen N$100 per persoon by die deur beskikbaar is. Kinders onder die ouderdom van 12 betaal halfprys.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie