Arbiter: NSFAF skuld Nghiwete N$2,7 miljoen

Fonds moet opdok nadat prosedures oorgeslaan is

21 July 2021 | Onderwys
Jemima Beukes – Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) moet teen 31 Augustus ongeveer N$2,7 miljoen aan sy uitvoe­rende hoof, me. Hilya Nghiwete, betaal nadat dit bevind is dat sy onregverdig afgedank is.

Nghiwete, wat jaarliks N$2 miljoen, of maandeliks net meer as N$160 000 verdien het, is in Februa­rie 2020 ná 'n voortslepende stryd afgedank.

Dít nadat sy vir 21 maande met volle betaling geskors is, terwyl haar ­prokureur, mnr. Sisa Namandje, destyds gesê het die fonds sal “duur betaal” nadat sy kliënt sonder 'n verhoor afgedank is.

“Daar is geen wet in hierdie land wat iemand die mag gee om 'n persoon af te dank sonder 'n skuldigbevinding deur 'n tugverhoor nie. Miskien het die NSFAF baie geld om te mors, maar hulle sal duur betaal vir hierdie onwettige optrede,” het hy destyds opgemerk.

Die NSFAF het dié besluit verdedig en gesê Nghiwete, wat aanvank­lik in April 2018 geskors is weens beweerde wanbestuur, het elke truuk in die boek gebruik om nié by ver­skeie geleenthede voor 'n tugverhoor te verskyn nie.

Tydens 'n arbitrasieverhoor wat verlede week by die kantoor van die arbeidskommissaris plaasgevind het, is bevind dat Nghiwete onregverdig afgedank is en voor 1 September her­aangestel moet word met alle voordele ingesluit, asook vergoed moet word vir die inkomste wat sy gedurende dié 16 maande verloor het.



NIE VAN WANGEDRAG AANGEKLA

Die arbiter, me. Memory Sinfwa, het tot die gevolgtrekking gekom dat ­Nghiwete se afdanking in wese én prosedure onregverdig was.

Sinfwa het haar versoek om verhaling van regskoste van die hand gewys en verkies om geen party te straf nie, maar die saak eerder vriendskaplik op te los en industriële vrede te bevorder.

Volgens Sinfwa is Nghiwete nie van enige wangedrag aangekla nie, wat beteken die aantygings teen haar kon nie as bewyse in dié geval gebruik word nie.

Sy het ook van die NSFAF-bestuur verskil, wat glo nie die nut daarin gesien het om Nghiwete aan te kla of enige ander geleenthede aan haar te bied nie, aangesien sy die proses reeds ontwrig het en die behoorlike ­prosedures nie 'n verskil sou maak nie.

“In hierdie geval het NSFAF as regter, klaer en aanklaer opgetree, wat in alle billikheid nie die toets van audi alteram partem (Latyn vir “luister na die ander kant”) se reël van natuurlike geregtigheid kan deurstaan nie.

Die verweerder se beleid oor werknemerverhoudinge lui dat 'geen werknemer ontslaan mag word sonder 'n formele verhoor of ondersoek nie, tensy omstandighede soos die werknemer wat wegbly of onwillig is om terug werk toe te keer, dit onmoontlik maak' – wat nie hier die geval is nie,” het sy gesê.

Toe Nghiwete in 2018 geskors is, het die direksie in 'n brief aan haar gesê: “Dit is vanweë ernstige aantygings wat onder die raad se aandag gekom het. Die bewerings ter sprake grens aan die kern van wanbestuur en/of administratiewe korrupsie, onder meer.

“Dié wangedrag het by die direksie se voorlopige ondersoek prima facie-redes gegee wat, in die belang van die instansie en die algemene publiek, die oorweging van sekere dissiplinêre stappe teen haar sou regverdig.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pfizer vandag in Namibië verwag

22 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

1 dag gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

1 dag gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 dag gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

1 dag gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

1 dag gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...