Aranos het Chucky na Cheetahs help lok
Rugby
Owen Kock – Die Namibiese toetshaker Louis van der Westhuizen sal vanaf 1 November ’n Cheetah word nadat hy ’n kontrak van een jaar met die Bloemfonteinse franchise gesluit het, het die Vrystaat Rugbyunie bevestig.
Hy sal Joseph Dweba vervang, wat hom by Bordeaux in Frankryk gaan aansluit, en sal sake met Wilmar Arnoldi uitspook nadat dié twee tevore ook by die Pukke in kompetisie was.
Die 25-jarige Van der Westhuizen is in Windhoek gebore en het Namibië by die laaste twee Wêreldbeker-toernooie (Engeland 2015 en Japan 2019) verteenwoordig. Hy was in 2019 kaptein van die Pukke asook Noordwes-Universiteit se rugbyspeler van die jaar.
In November het die Blou Bulle hom met ’n tweejaarkontrak vasgeknoop, maar te midde van die coronavirus-stilstand is spelers die opsie gebied om hul huidige kontrakte op te skort.
Van der Westhuizen sê: “Die Cheetahs bied my ’n ongelooflike geleentheid en ek sien regtig baie uit na die nuwe uitdaging. Ek dink die Cheetahs speel baie opwindende rugby en ek kan nie wag om saam met die spelers te groei nie.”
Hy beplan om al in Julie in Bloemfontein te gaan nes skrop.
Hy sien ook baie daarna uit om herenig te word met sy Namibiese spanmaat, die vaskopstut Aranos Coetzee, wat ook soos hy in twee WB-toernooie gespeel het.
“Ek en Aranos stap al ’n lang pad saam vir Namibië. Hy sal my ongetwyfeld help om te verbeter in baie aspekte van my spel.”
Nog ’n Namibiese WB-haker, Torsten van Jaarsveld, was tussen 2013 en 2018 by die Cheetahs en het hulle ook met tye aangevoer. Hy speel deesdae sy rugby vir Bayonne in Frankryk.
Van der Westhuizen, wat as 18-jarige matrikulant in 2013 as die jongste toetshaker vir Namibië opgestuur is, was in albei WB-toernooie Van Jaarsveld se adjudant.
“Ek het al ongelooflik baie by Torsten geleer. Hy het my baie gehelp om te kom waar ek vandag is – sedert ons die eerste keer saam in 2015 se Wêreldbeker-toernooi gespeel het, tot nou toe.
“Ek het ook met Aranos oor my skuif na die Cheetahs toe gesels en hy het my aangeraai om die geleentheid te neem en vertel hoe baie hy dit daar geniet,” vertel Chucky, soos hy in rugbykringe bekend staan.
Dit sal die eerste keer wees dat hy en Hawies Fourie (Cheetah-breier) van nader kennis maak.
“Ek en coach Hawies ken mekaar nie persoonlik nie, maar ek het in die Varsitybeker al baie teen sy Matie-spanne gespeel toe ek nog by die Pukke was.”
– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie