Arandis-slagting: Verdagte vas
Denver Kisting – ’n 57-jarige man sal na verwagting vanmiddag in die Swakopmund-landdroshof op twee klagte van moord verskyn.
Ofskoon adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, nie by magte was om verdere besonderhede te verstrek nie, het hy die inhegtenisneming aan Republikein bevestig.
Dié verdagte word na verneem word verbind met die dubbele moord op mnre. Eckhart Mueller (72) en die 60-jarige Heimo Hellwig verlede Maandag.
Hulle is ná 06:00 voor die hoofgebou van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) se Arandis-kampus doodgeskiet.
Intussen bly mnr. Ernst Josef Lichtenstrassen (57) in aanhouding nadat borgtog vanoggend in die Karibib-landdroshof geweier is.
Hy het op een klag van onwettige besit van wapens en ammunisie voor assistentlanddros Monalisa Hays verskyn.
Die saak is tot 24 Mei vir verdere polisieondersoek uitgestel.
Lichtenstrassen is nie vanoggend verteenwoordig nie.
Me. Mozay Jansen het die staat verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie