Apple Watch nou die gewildste horlosie ter wêreld
Hanlie Stadler - Die Apple Watch het Rolex verbygesteek as die horlosie waarvan die meeste ter wêreld verkoop word, het Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, Dinsdag bekend gemaak.
Cook het in sy bekendstelling van die nuutste weergawe van die slimhorlosie gesê die Watch se verkope vir die tweede kwartaal was 50% hoër as ’n jaar gelede.
Rolex is die tweede gewildste horlosie, dan Fossil, Omega en Cartier.
Die nuus was deel van die bekendstelling van die nuwe Apple-produkte in Kalifornië.
Soos voorspel is, sal jy nou die Watch sonder die iPhone kan gebruik omdat dit ingeboude selfoonontvangs het. Jy sal oproepe met jou horlosie kan ontvang. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie