Apple: Ons maak jou iPhone stadig
Apple: Ons maak jou iPhone stadig

Apple: Ons maak jou iPhone stadig

Daar word al jare lank bespiegel dat Apple doelbewus ouer iPhone-fone so stadig laat word dat gebruikers as’t ware gedwing word om na die nuwer modelle op te gradeer.

Hoewel iPhone-liefhebbers dit nooit kon bewys nie, het talle hul misnoeë op sosiale media te kenne gegee.

“I fell like Apple somehow purposely made the iPhone 4's slower after the 5's came out to force us to upgrade.” — Rebz (@Rebz4evr) December 24, 2013

Nou het die tegnologiereus uiteindelik in ’n onverwagse stap die aap uit mou gelaat en erken: Ja, ons peuter met die verwerkingspoed van ouer iPhone-modelle. Die redes hiervoor is ook nie so afskuwelik soos gebruikers dink nie. Apple het Woensdag erken ouer iPhone-modelle, kortom al die fone wat voor die iPhone 8 verskyn het, is stadiger, maar dis omdat die vervaardiger die foon se kragtoevoer manipuleer om ander probleme te voorkom. Basies kom dit neer op ouer fone se battery wat begin probleme gee, en Apple moet die programmatuur op die fone dienooreenkomstig aanpas om te keer dat die toestel onverwags afgaan of dat apps skielik toemaak.

Batterye is die sondaar

iPhone-fone gebruik litiumbatterye wat met tyd aftakel, veral as dit al meer as 500 keer gelaai is. Soos die battery se vermoë afneem, kan dit nie meer die foon se vinnige verwerkingspoed hanteer nie. Dis ’n inherente probleem met litiumbatterye en nie net beperk tot Apple-produkte nie.

Die maatskappy sê hy maak die nodige aanpassings elke keer as ’n nuwe bedryfstelsel bekend gestel word. Die mees onlangse weergawe van Apple se iOS-bedryfstelsel vir iPhone, 11.2, sluit ook funksies in om die iPhone 7 se verwerkingspoed te beheer aangesien dit ook nou as een van Apple se “ouer” fone beskou word, al is dit skaars ’n jaar gelede uitgereik.

Tegnologiekenners meen die enigste manier om jou iPhone se verwerkingspoed te verbeter is om die foon se battery te vervang.

So it's true Apple intentionally slow down old iPhones.

"Proof: My iPhone 6 was bought 3years ago and recently got really slow. APP 'CPU DasherX' shows iPhone CPU is under clocked running at 600MHz. After a iPhone battery replacement. CPU speed resumed to factory setting 1400MHz." - — Sam_Si (@sam_siruomu) December 20, 2017 - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A