Appeltjie te skil met Nederland

20 October 2021 | Sport
Tielman van Lill – Die Namibiese Eagles en Nederland sal vanmiddag beide die druk voel in hul alles-of-niks ontmoeting by die T20 Wêreldbeker in Abu Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Vir die meeste senior Eagles-spanlede is die manne in oranje geen vreemdelinge op die krieketveld nie.

Die laaste keer toe Namibië teen dié gedugte span kragte gemeet het, was in 2019 in die einste VAE tydens die kwalifiserende toernooi vir assosiaatlande vir die 2021 T20 Wêreldbeker.

Nederland (140/6 in 20 boulbeurte) het Namibië (96 almal uit in 19 bb) daardie dag in Dubai met 44 lopies geklop. Die Eagles het vierde in dié kompetisie geëindig om vir die T20 Wêreldbeker te kwalifiseer.

Drie boulers was toe vir Nederland se sege verantwoordelik. Paul van Meekeren (3/16 in 4), Brandon Glover (3/15 in 3) asook Fred Klaassen (2/7 in 2) het toe die Eagle-kolwers flenters geboul. Al drie dié mijnhere is steeds integrale lede van Nederland se boulaanval.

Hul topses gevaarlike kolwers is die immergroen Ryan ten Doeschate, Ben Cooper, Colin Ackermann, Max O'Dowd, Stephan Myburgh en Max O'Dowd.

Nederland, wat tans 17de op die Internasionale Krieketraad (ICC) se T20-ranglys pronk, word sedert 2017 deur die Australiër Ryan Campbell afgerig. Hulle spog met nege spelers wat tans op die ICC se T20-ranglys vir boulers, kolwers of veelsydige spelers verskyn.

Nederland se spelersgroep (* Spelers op die ICC se T20-ranglys):

* Pieter Seelaar (kaptein, 34 jaar). Kolf regs; linkerarm ortodokse draaibouler (74 T20i-wed­stryde, 568 lopies teen gemiddeld 17.75; hoogste telling 96; beste boulsyfers 4/19; 56 paaltjies teen gemiddeld 22.64). *(71ste op ICC-kolwersranglys en 69ste van die boulers).

Colin Ackermann (30). Kolf regs; regterarm wegbreekbouler. (T20i: 11, 243 tn 30.37, 43, 1/6, 5 tn 29.40).

Philippe Boissevain (21). Regterarm bybreekbouler; kolf regs. (T20i: 7, 14 tn 7, 7, 2/43, 6 tn 38.33).

* Ben Cooper (29). Kolf links; regterarm mediumbouler. (T20i: 56, 230 tn 29.28, 91). *(39ste kolf).

Bas de Leede (21). Kolf regs; regterarm medium­bouler. (T20i: 13, 221 tn 24.55, 81, 2/15, 4 tn 39.50).

Scott Edwards (25). Paaltjiewagter; kolf regs. (T20i: 33, 402 tn 22.33, 42).

* Brandon Glover (24). Regterarm snelbouler; kolf regs. (T20i: 19, 4/12, 28 tn 16). *(65ste boul).

* Fred Klaassen (28). Linkerarm mediumsnelbouler; kolf regs. (T20i: 21, 33 tn 5.5, 13, 3/31, 20 tn 29.05). *(92ste boul).

Stephan Myburgh (37). Linkerhandse aanvangskolwer, regterarm wegbreekbouler. (T20i: 33, 741 tn 24.7, 71).

* Max O'Dowd (27). Kolf regs. (T20i: 40, 1 038 tn 28.83, 133). *(42ste kolf).

* Ryan ten Doeschate (41). Veelsydig, kolf regs, regterarm mediumsnelbouler. (T20i: 22, 533 tn 44.41, 59, 3/23, 13 tn 81.84). *(91ste kolf).

Logan van Beek (31). Regterarm mediumsnelbouler; kolf regs. (T20i: 8, 3/39, 5 tn 32).

* Timm van der Gugten (30). Regterarm medium­snelbouler; kolf regs. (T20i: 39, 109 tn 15.57, 40, 3/9, 40 tn 21.17). *(88ste boul).

* Roelof van der Merwe (36). Kolf regs; linkerarm ortodokse bouler. (T20i: 43, 454 tn 26.70, 75, 4/35, 54 tn 17.37). *(55ste boul).

* Paul van Meekeren (28). Regterarm medium­snelbouler; kolf regs. (T20i: 45, 44 tn 4.88, 18, 4/11, 47 tn 22.57). *(62ste boul).

[email protected]

Soortgelyk

 

Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf

1 uur gelede | Gesondheid

Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan...

Chelsi bekoor in unieke kostuum

15 ure gelede | In beeld

Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in...

Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Dit was die algemene gevoel...

Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

15 ure gelede | Misdaad

Nuusredaksie‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met...

LPM neem hoofstad se leisels oor

15 ure gelede | Regering

Sade Gawanas, Windhoek-burgemeester; “Windhoek verdien net die beste van almal.”;

Weer vir 2 Desember 2021

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die noorde, ooste en suidooste. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met...

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtSowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te...

Florin soek sy vryheid

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22...

Mediavakbond ontvang opleiding

15 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam...