Appels teen kanker

Koop 'n appel en beveg kanker.
Bank Windhoek het, in samewerking met die Kankervereniging van Namibië (CAN) en vennote, die 17de Appels vir Kanker-projek van stapel gestuur.
Van 3 tot 31 Julie sal appels by Bank Windhoek-takke en deelnemende skole landswyd teen N$5 elk verkoop word.
Met Bank Windhoek as die hoofborg, sal die Bank Windhoek Appels vir Kanker-projek voortgaan as die grootste geldinsamelingsprojek in Namibië.
Die sukses daarvan sal afhang van die ondersteuning van die publiek, banktakke en -departemente en die toewyding van appelverteenwoordigers.
Sedert die ontstaan van die projek is al meer as N$17,3 miljoen ingesamel.
Verlede jaar het die projek N$2,9 miljoen vir kankerpasiënte ingesamel.
Die hoofdoelwit van die projek is dat elke Namibiër bewus gemaak word daarvan dat voorkoming beter is as genesing, en dat 'n gesonde leefstyl die risiko van kanker kan verminder.
Die tema van vanjaar se projek is: “Eet gesond. Leef gesond. Voorkom kanker.”
“Die doelwit vanjaar is om 'n miljoen appels te versprei en verlede jaar se rekord te breek. Met die ondersteuning van ons kliënte, CAN-kollegas en elke Namibiër, kan ons kanker beveg,” het me. ­Baronice Hans, Bank Windhoek se besturende direkteur, gesê.
“Die doel van die projek is nie net om appels te koop of te verkoop nie, maar om lewens te red en bewustheid te skep. Skenkings kan nou via Bank Windhoek se elektroniese kanale gemaak word, wat iBank, betalings via selfoon of die mobiele app insluit.”
CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, het gesê die ­Kankervereniging is trots op 17 jaar se same­werking met Bank Windhoek se Appels vir Kanker-projek.
“Die projek het 'n betekenisvolle en blywende impak op die lewens van kankerpasiënte gehad wat bevoordeel is deur die geld wat ingesamel is. Baie lewens is deur hierdie veldtog geraak,” het Hansen gesê.
Statistieke van die Namibië Nasio­nale Kankerregister wat deur die Kankervereniging geadministrateer word, dui aan dat tussen 3 400 en 4 000 Namibiërs jaarliks met kanker gediagnoseer word.
Die meerderheid van dié ­pasiënte is van die Noorde en streke soos Erongo, //Kharas en Hardap.
“Kom ons fokus op die hoop en verandering wat hierdie projek meebring. Net as ons saamstaan, kan ons beter doen - beter met bewusmaking, onderrig, behandeling en sorg. En beslis beter in die stryd teen kanker,” het hy gesê.
Om skole aan te moedig om aan die Bank Windhoek Appels vir Kanker-projek deel te neem, sal Bank Windhoek 'n bedrag van N$45 000 aan wenskole skenk.
Die skool wat die meeste appels verkoop, sal 'n kontantprys van N$7 000 wen, gevolg deur N$5 000 vir die naaswenner en N$3 000 vir die skool in die derde plek.
Die prysgeld sal toegeken word aan preprimêre, primêre en ­sekondêre skole.
Die wenners van die skoolprojek sal tydens die amptelike oorhandiging van die fonds aan CAN op 10 November plaasvind.
Die inskrywingsvorm kan by Bank Windhoek se webtuiste, www.bankwindhoek.com.na, afgelaai word, of by Bank Windhoek-takke afgehaal word.
Die projek se vennote is Nampost Couriers, FP du Toit Transport, Fruit and Veg City, RadioWave, Maerua SuperSpar, Pricewater­houseCoopers (PwC) en JayLo Productions.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A