Anoeschka skryf boek oor droogte

'n Oudverslaggewer van Republikein se hart klop warm vir boere in droogtegeteisterde gebiede.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die bekende Afrikaanse skrywer en oudverslaggewer van Republikein, Anoeschka von Meck, se mense was eens boere in die suide van Namibië.

Van droogte hoef jy haar niks te vertel nie.

Daarom het sy ingestem om in opdrag van die Christelike Lektuurfonds (CLF) op Wellington, Suid-Afrika, ’n boek oor die droogte aan te pak.

Die beoogde boek se titel is Net voor die droogte my breek en is die breinkind van me. Amanda Carstens, die CLF se projekbestuurder.

"My ouers woon in die Sutherland-omgewing en ek het nagte wakker gelê oor hoe die boere in hierde ramptoestande staande bly. Om hierdie rede was dit vir my belangrik om die regte skrywer vir die projek te kry. Iemand wat gewillig sou wees om in die hartseer in te gaan en die stories vir ons te gaan haal," verduidelik Amanda.

Die CLF het Anoeschka spesiaal in die Noord-Kaap gaan ontmoet en was vinnig oortuig daarvan dat sy die moed en durf vir dié projek het.

Anoeschka, gebore op Mariental, is bekend met verskillende boeregemeenskappe en het as kind ook dikwels by haar oupa en ouma op McGregor in Suid-Afrika deurgebring.

Verskeie van haar familielede boer steeds, en sy het ’n diep liefde en waardering vir die lewe op die plaas en goeie insig oor wat dit verg om as boer te oorleef.

“Daar is ’n swaarkry in waarvan min die werklike omvang verstaan – veral dié wat knus deur stede omvou word,” sê Anoeschka, ook die skrywer van Vaselinetjie, wat in ’n bekroonde rolprent omskep is.

“Maar reis jy net ’n paar uur in amper enige rigting van hierdie stede waar water in jou naaste kraan is en jou middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ’n ander wêreld. Die verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het . . . stukkend, gebreek, letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere en boere wat opgee, oppak en wonder of dit die moeite werd is om nog te lewe.”

Anoeschka het van middel Maart af vir meer as twee maande byna die hele Suid-Afrika deurkruis om onderhoude met boere én skenkers te voer waarvoor sy 12 639 km vroualleen afgelê het.

Ondanks die ellende sê sy dis hier waar jy ook verhale van hoop vind.

“Mense wat in ’n gebroke wêreld opnuut na mekaar uitreik, konvooie voer wat aangery word van dele waar boere self sukkel, maar steeds meen hulle wil ander help met wie dit nog swaarder gaan. Of iemand wat ’n R10 afknyp om ’n droogtehulpfonds te ondersteun – want vele tien rande maak dat daar brandstof is vir ’n volgende vragmotor om ’n vrag geskenkte voer weg te neem.”

BURRE BURGER

Die CLF het Burre Burger en sy Droogtehulpfonds genader vir die name van boere in streke waar mense in die ergste greep van die droogte was, en daarvolgens is Anoeschka se roete bepaal.

Verskeie Namibiese boere het hul harte vir Suid-Afrikaanse boere oopgemaak en hulle te hulp gesnel.

Haar reis het Anoeschka van Calvinia deur Boesmanland en Namakwaland geneem, asook deur die Sandveld en die Weskus tot amper by die Botswana-grens oor Vanderbijlpark om deur die Vrystaat en Karoo na die Hantam terug te keer.

"Daar is vir my min dinge so manlik soos 'n biddende boer en boervroue is op hulle beurt merkwaardige sterk mense wie se leefwêreld vir stadsmense onbegryplik is," sê Anoeschka.

Anoeschka en Amanda hoop om binne die verhale van fisieke droogte, asook mense se persoonlike 'droogtes' steeds 'n goue draad van hoop te kan optel.

“Dit is asof Burre Burger skielik weer mense daaraan herinner het dat jy kan kies om ondanks jou eie en die land se omstandighede na ander uit te reik.

"Dis asof ons in die eietydse narsistiese kultuur van selfsugtige gierigheid, byna vergeet het dat ons juis eens sulke mense was. Om te gee bring nie net hoop en groot verligting vir dié wat ontvang nie, maar dit verg 'n kopskuif van die een wat gee," verduidelik Anoeschka.

"Menslike ego's is steeds altyd betrokke, ja, maar uit watter motief daar ookal geskenk word, die aksie van medemenslikheid bring tog noodgedwonge 'n verandering in die denkwyse van die skenker.

"Beide boere en skenkers word daardeur verander en hierin is 'n totale nuwe kyk-na-mekaar-kultuur besig om te ontwikkel. En dít is 'n magtige teenvoeter vir die bestaande selfgerigte ingesteldheid," sê Anoeschka.

"Swaarkry bring werklik jou ware kleure uit en hierdie droogte is besig om ook in ons samelewing die kaf van die koring te skei.”

Net voor die droogte my breek gaan deur die Christelike Lektuurfonds se Barnabas Uitgewers gepubliseer word en is 'n inspirerende boodskap uit die hart en mond van mense wat te midde van erge nood steeds met verwagting vorentoe beur, net soos Namibiese boere.

Die boek sal voor die einde van hierdie jaar op die rakke wees en is daar die vooruitsig dat daar moontlik 'n dokumentêr van Anoeschka se beeldmateriaal gemaak gaan word.

Volg gerus Anoeschka se reis hier: https://clf.co.za/op-reis-na-stories-van-hoop/.

- [email protected]



UIT ANOESCHKA SE PEN

- Anoeschka von Meck se debuut in 1998 was Annerkant die Longdrop.

- Dit is gevolg deur Vaselinetjie in 2004 waarvan meer as 100 000 kopieë verkoop is. Dit het drie belangrike literêre pryse verower: Die Rapport/Jan Rabie-prys vir vars, nuwe stemme in Afrikaans, die MER-prys vir Jeuglektuur en die M-Net-prys vir ’n Afrikaanse teks in kort formaat. Ook die ATKV-Kinderboekprys vir graad 8 tot 10 is in 2006 aan die roman toegeken.

- Vaselinetjie is as rolprent in 2017 vrygestel en as die Beste Rolprent van die Jaar by die Silwerskermfees bekroon. Dit het ook 'n toekenning as die beste humanitêre en narratiewe rolprent by die Sedona International Film Festival in Arizona in Amerika verwerf.

- In 2010 het Die Ontwaking, haar verhaal gebaseer op die lewe van Essie Honiball, verskyn.

- Lesers kan uitsien na Anoeschka se volgende roman wat in 2020 deur Penguin Random House gepubliseer sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026