Angolees vas op lughawe oor kokaïen
'n Angolese burger (52) is gisteraand by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako weens dwelmhandel in hegtenis geneem.
Die man wat in Brasilia in Brasilië woonagtig is, is tydens 'n gesamentlike operasie van die Namibiese polisie (Nampol) en die Brasiliaanse federale polisie via Interpol in hegtenis geneem.
"Interpol het aangedui dat 'n moontlike dwelmmuil vanaf Sao Paolo in Brasilië via Johannesburg na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako reis," het 'n woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, gesê.
"Die beskuldigde is tydens sy aankoms by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako voorgekeer en in hegtenis geneem. Hy is vir 'n mediese ondersoek na die Windhoekse Sentrale Hospitaal geneem en 70 kapsules wat vermoedelik kokaïen bevat, is in sy rektum gevind," het Shikwambi gesê.
Sy sê die inhoud is uitgespoel en geweeg en het 'n straatwaarde van N$350 000.
Hy was gisteraand onder mediese waarneming by die Windhoekse Sentrale Hospitaal en sal vandag in die Katutura-landdroshof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie