Amupanda stil met skoen aan ander voet

Inwoners baken eerwe by Otjomuise af

12 January 2021 | Politiek
Augetto Graig - Die grondaktivis mnr. Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) en nuwe burgemeester van Windhoek, is tjoepstil oor die gebeure Sondag op die grens van Otjomuise toe grondloses weer probeer het om onwettig erwe af te baken.

'n Groep mense het met toerusting soos pangas op die gebied toegesak. Die onderburgemeester, me. Clemencia Hanases van die Popular Democratic Movement (PDM), was op die toeneel en het die grondgrypers gesoebat om vreedsaam uiteen te gaan en die nuutverkose stadsraad tyd te gee om die vraag na grond te takel. Die skare het gedreunsing: “Ons soek grond, ons soek grond,” terwyl die polisie hulle in toom probeer hou het.

Pogings tot grondgrypery was in 2014 gereeld voorbladnuus toe daar onder Amupanda se leiding, probeer is om grond in die vooruitstewende Kleine Kuppe-woonbuurt te beset. Amupanda, wat kort ná die verkiesing in November as die nuwe burgemeester van Windhoek verkies, was Sondag nêrens te vinde. Maandag het hy ook nie op navrae reageer nie en die Windhoek munisipaliteit het geen ampetlike verklaring uitgereik nie.

Die munisipale woordvoerder, mnr. Harold Akwenya, het by navraag wel gesê die nuwe stadsraad is vasbeslote om oplossings te vind om grond vinniger te diens en vir behoefdige inwoners beskikbaar te maak.

Die Landless People’s Movement (LPM) se woordvoerder, me. Joyce Muzengua, sê haar party is teen onwettighede gekant. “Nogtans, in ’n stad waar lae-inkomstegesinne nooit grondeienaars sal wees weens ’n grondtekort en hoë pryse nie, moedig ons die gryp van ongedienste grond aan,” sê sy. “Ons wil egter die nuutverkose stadsraad kans gee om al die nodige oudits te doen voor ons enige manifesto toepas,” sê sy.

“Die LPM het nie enige grondgryppery aangehits nie,” sê sy met betrekking tot Sondag se voorval en voeg by: “As dit ons was, sou jy geweet het omdat jy oranje (die party se kleur) oral op die toneel sou gesien het.” Sy sê die nuwe raad het pas met sy taak begin en ná die ou regime vervang is, en daarom is oudits van die uiterste belang. Ons sal net grondgryppery ondersteun waar bestuur ondoeltreffend is,” sê sy.

Die LPM het ook twee lede in die nuwe stadsraad, maar het in die onlangse plaaslike owerheids en streeksraadsverkiesings veral in die Suide baie goed gevaar. “Ons is vol vertroue dat ons raadslede grond sal voorsien, en ons verwag nie grondgrypery in die Suide nie, maar as dit sou gebeur sal die raadslede met die gemeenskappe vergader vir vriendskaplike oplossings wat almal pas,” sê sy. “Die LPM het ’n beleid om raadslede herroep as hulle nie binne nege maande resultate lewer nie,” sê sy.

Die Swapo-jeugliga se sekretaris-generaal, mnr. Ephraim Nekongo, sê sy party het ook nie Sondag se grondgryppers aangemoedig nie, en vra verskoning namens jeugligalede wat dalk daaraan deelgeneem het. “Oor die algemeen ondersteun Swapo die handhawing van die wet. Dit is nie prakties vir Swapo om mense aan te moedig om grond te gryp nie. Ek sien wel die frustrasie van grondlose mense in die hoofstad, maar Swapo sal nooit mense aanmoedig om grond te gryp nie. Swapo is steeds die regering in Namibië,” sê hy.

Nekongo sê dit is nie waar dat Swapo inwoners van Windhoek wil straf ná die party se swak vertoon in die verkiesing nie. “Windhoek is ’n stad vir ons almal en ons as politici wat in leierskapsposisies verkies is, het almal kennis geneem van die kwessies. Ons erken almal dat grond ’n kwessie is wat moet opgelos word. Inwoners moet net geduldig wees,” sê hy. [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...