Amraal deur Marinda van Zyl
Amraal is gebaseer op die lewe van ’n merkwaardige Afrikaanssprekende Khoi-Khoiman Amraal Lambert.
Hy is in 1774 in die distrik van Clanwilliam in Suid-Afrika gebore en was ’n mens van aansien wat in menseregte geglo het.
Hierdie verhaal gaan onder meer oor sy stryd om sy eie kinders buite bereik van die inboekstelsel te hou, want Khoi-Khoi is tot hulle 25 jaar oud was by wit kolonialiste ingeboek. Die inboekstelsel was eintlik maar verwant aan slawerny.
Die storie van Amraal en sy mense strek van die Hantam tot in Namaland (vandag se Namibië), waar hy kaptein van die Gobabis-Oorlams word. Amraal is ’n oorrompelende historiese roman wat ’n versweë geskiedenis oopskryf; ook die geskiedenis van Afrikaans. Dit is gegrond op ware gebeure.
Amraal (ISBN 9780624075639) is deur Tafelberg Uitgewers vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie