Ambassadeur besoek droogtegeteisterde Suid-Angola
Namibië se ambassadeur in Angola, mnr. Patrick Nandago (in die middel en regs op die foto's), het onlangs die suide van Angola besoek waar inwoners weens die heersende droogte aan ernstige voedselnood uitgelewer is. Hy het kosvoorrade wat deur die visverwerkingsaanleg van African Selection Trust (AST) SA by Tombwa in die Namibe-provinsie geskenk is, aan mense by Bibala en Virei uitgedeel. Hy het ook 'n besoek aan dié aanleg gebring. Die Namibiese vismagnaat, mnr. AJ Louw, is die voorsitter van AST. Foto's verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie