Alweendo: NEEEF moet voltooi word
Alweendo: NEEEF moet voltooi word
Wet kan beleggers afskrik
02 March 2021 | Regering
Ogone Tlhage – Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het gesê die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) en 'n hersiening van die wet op beleggingsbevordering moet afgehandel word.
Dit was Alweendo se reaksie op 'n evaluering wat deur die Fraser-instituut gedoen is oor die aanloklikheid van Namibië as 'n beleggingsbestemming vir die mynbousektor.
Namibië se aantrekkingskrag as beleggingsbestemming het gedaal vanweë die sienings van wat die gevolge sal wees wanneer NEEEF bekragtig word.
“Dit is vanselfsprekend dat die regering alles moet doen wat nodig is om plaaslike en buitelandse beleggers te lok. Dit is dus vir ons belangrik om die nodige betrokkenheid van belanghebbendes met betrekking tot NEEEF en die wet op beleggingsbevordering spoedig af te handel,” het Alweendo gesê.
Die minister het nietemin gevoel die evaluering was onregverdig teenoor Namibië.
“Soms spruit die negatiewe opvattings ongelukkig uit sommige beleggers se behoefte om hulself te bevoordeel, eerder as die gasheerland. Indien dit gebeur, hoewel net in enkele gevalle, verduidelik ons aan die beleggers dat ons slegs beleggings verwelkom wat wedersyds voordelig is,” het Alweendo gesê.
EVALUEER
Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid (NCCI) het onlangs ook bereidwilligheid uitgespreek om die bemagtigingswet te evalueer en menings daaroor te deel.
Die nuut verkose president van dié entiteit, mnr. Bisey Uirab, het in 'n onderhoud met Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê die NCCI is ingelig dat 'n konsepwetsontwerp binnekort beskikbaar sal wees.
“Ons glo dit is belangrik dat verskillende instansies insette in die dokument lewer. 'n Belofte is aan ons gemaak dat dit binnekort beskikbaar sal wees,” het hy gesê.
Toe me. Saima Shaanika, woordvoerder van die kantoor van die eerste minister, vir kommentaar genader is, het sy gesê finale beraadslaging is tans aan die gang.
“Die wetsontwerp is by die openbare sektor vir beraadslaging. Daarna sal dit aan die parlement voorgelê word ,” het Shaanika gesê.
STRUIKELBLOKKE
Die NEEEF, wat in 2018 ter tafel gelê moes word, het voor verskeie uitdagings te staan gekom, insluitend die vereiste dat ondernemings in besit van voorheen bevoordeelde Namibiërs 25% van hul eienaarskap moet afstaan aan voorheen benadeelde Namibiërs.
Pres. Hage Geingob het egter tydens 'n kabinetsinligtingsessie gesê die pilaar van 25% eienaarskap moet geskrap word, omdat dit nie tot grootskaalse bemagtiging sou lei nie.
Intussen het kritici aangevoer die opheffing van hierdie klousule sou beleidsekerheid aan buitelandse beleggers bied, asook die plaaslike private sektor gerusstel wat gedreig het om die land te verlaat.
– [email protected]

Soortgelyk
Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle
52 minute gelede | Gesondheid
Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...
2 ure gelede | Infrastruktuur
Sluitingsdatum vir Shining Light verleng
2 ure gelede | Kuns en vermaak
Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
6 ure gelede | Onderwys
Waarskuwingskote stuit vermeende diewe
17 ure gelede | Misdaad
Robberts bly in aanhouding
17 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
17 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
17 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
17 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies