Alle planne op die tafel
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) doen met die ondersteuning van die Hanns Seidel-stigting belangrike werk om Namibiërs op hoogte van vordering met die toepassing van die nuwe openbare verkrygingswet te hou.
Die jongste steekproef het op die beskikbaarheid aan die publiek van openbare instellings se verkrygingsplanne gefokus.
Die omvangryke aard van nuwe reëls en regulasies oor die aanskaf van dienste, produkte en voorrade beteken dit sal tyd verg om nakoming te optimaliseer.
Daar is 'n algemene gevoel dat nakoming van die nuwe wet op talle fronte sloer. Deursigtigheid oor verkrygingsplanne is maar een hiervan.
Byna helfte van ministeries se verkrygingsplanne is beskikbaar, maar by ander instellings is nakoming aansienlik slegter. Volgens die IPPR is net 30% van staatsondernemings en 13,8% van plaaslike owerhede se planne gepubliseer. Die breë aanlyn publiseringskoers is 'n skrale 5%.
Veral op plaaslike owerheidsvlak kla inwoners dikwels oor beweerde misdrywe.
Ou kalante betrokke by onderduimshede – van beide kante – sal juis traag wees om aan te pas en deursigtigheid probeer ondermyn of vertroebel. Daarom moet nuwe vereistes streng afgedwing word.
Die publiek kan net ingeligte navrae rig en gegronde griewe indien indien alle inligting beskikbaar is. Sulke griewe sal die toets wees of die hersieningspaneel opgewasse vir sy taak is.
So sê ander
18 September 2018
Multicultural Britain: learning to live together
It is depressing to discover that four in 10 adults in this country agreed with the statement that “having a wide variety of backgrounds and cultures has undermined British culture”.
Cultures are dynamic things, developing organically from communities. They do not exist in isolation or remain static. Having a range of cultures in Britain is normal, not novel.
Identity is a fact about us, but it should not define the horizon of our possibilities.
What is lacking is a project to get people to bridge their differences just as much as they bond over their similarities. The more people from different backgrounds trust each other, the better off their society.
Politicians ought to be preaching the need to learn how to get along with strangers.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie