All Blacks sweet in Japan ná winterkoue tuis

11 September 2019 | Sport
Die All Blacks moes blitsvinnig by die weerstoestande in Japan aanpas toe hulle gister hul eerste oefensessie in die gasheerland vir die Wêreldbeker-toernooi gehad het.

Die Nieu-Seelanders, wat jag maak op 'n derde agtereenvolgende WB-kroon, is met versengende hitte by hul oefenbasis in Kasjiwa (noord van Tokio) begroet. Dít was in skrille kontras met die winterkoue waarin hulle die laaste paar maande geoefen en gespeel het.

Een van die All Blacks se skrumskakels, Brad Weber, sê hulle het na Japan gereis met die wete dat die temperatuur daar maklik 20 grade warmer sou wees as tuis.

“Ons het 'n paar strategiese sessies by ons oefenkamp in Nieu-Seeland gehad waar ons die warm toestande probeer naboots het.”

Weber sê voorts die toestande wat hulle gister ervaar het (die kwik het by die 35 grade Celsius gedraai), het hom herinner aan die tipe weer waarin hulle gewoonlik vroeg in die jaar vir die Superrugby-seisoen voorberei.

“Dit voel net soos die voorseisoen. Dis darem nie asof ons dit nog nooit ervaar het nie – dis maar soos somersweer in Nieu-Seeland.

“Die humiditeit is miskien 'n bietjie anders, maar ek dink darem nie dis uitsonderlik hoog nie.”

Die Springbokke, die All Blacks se teenstander in hul eerste wedstryd in vanjaar se toernooi (op 21 September in Jokohama), het die voordeel dat hulle reeds 'n wedstryd in dié toestande agter die blad het.

Die Bokke het verlede week teen Japan 'n voorsmaak gekry van die hoë humiditeit en het doelbewus probeer om nie te veel met die bal te probeer hardloop nie, aangesien dit seepglad geword het van al die sweet.

Suid-Afrika het Japan se hanteerfoute suksesvol uitgebuit en met 41-7 in Koemagaja geseëvier.



TERUGSLAG TREF SAMOA

Die Samoaanse skrum­skakel Scott Malolua is deur 'n besering uit die WB-toernooi geskouer.

Die nr. 9 het sy skouer in Samoa se opwarmingstoets teen die Wallabies ontwrig en sal vir minstens agt weke op die kantlyn deurbring.

Pele Cowley is as Malolua se plaasvervanger aangewys vir die skouspel wat op 20 September in Japan afskop.

Steve Jackson, Samoa se afrigter, sê hy en die spelers se harte breek vir Malolua.

“Hy het uitstekende rugby gespeel, maar beserings is ongelukkig deel van die spel.”

Cowley is darem nie 'n groentjie in Samoa se span nie en het reeds 12 toetse op sy kerfstok. Hy was ook in die onlangse reeks om die Pasifiese Nasiesbeker in aksie.

Volgens Cowley weet hy presies hoe Malolua voel. “Ek het in 2015 in ons laaste wedstryd van die Pasifiese Nasiesbeker teen Kanada 'n skouergewrig beseer. Dít het my toe ook uit die Wêreldbeker-toernooi gehou.”

Samoa begin sy veldtog op 24 September teen Rusland. - Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

56 minute gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

2 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...