All Black-pos vir Plumtree kan 'Canes kos

03 December 2019 | Sport
Die Hurricanes kan straks kort voor die afskop van die Superrugby-reeks sonder ’n afrigter wees as John Plumtree by die All Blacks betrek sou word.
Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) sal na verwagting binnekort aankondig wie Steve Hansen se opvolger is, maar Ian Foster, hulpafrigter van die All Blacks, en Scott Robertson, hoofafrigter van die Crusaders, is die gunstelinge.
In Nieu-Seeland berig Stuff dat indien Foster aangestel word, Plumtree deel van sy afrigtingspan gaan uitmaak.
Volgens die berig word die gehalte van die hele afrigtingspan van ’n kandidaat in aanmerking geneem deur NZR.
Die 54-jarige Plumtree se vermoë as afrigter word oor die wêreld heen hoog geag. Hy is ’n Kiwi van geboorte en het in sy speeldae onder meer vir die Haaie in Suid-Afrika gespeel en ook later dié span afgerig. Boonop het hy die Suid-Afrikaanse sewesspan in 1994 en 1995 in twee toernooie verteenwoordig.
Hy het verder sy afrigtingstande geslyp by spanne soos Ierland, waar hy in 2013 en 2014 ’n hulpafrigter was en die Walliese klubspan Swansea.
Tog is die verwagting dat Scott McLeod sy pos as verdedigingsafrigter van die All Blacks sal behou, wie ook al as Steve Hansen se opvolger aangewys word.
Sou Robertson egter aangestel word, sal die Crusaders hulle in ’n soortgelyke penarie as die Hurricanes bevind indien Plumtree betrek word.
By David Moffett, ’n voormalige ringkop van die NZR, is daar egter nie enige twyfel dat Foster die gunsteling is nie.
“Ek glo daar is net een persoon in die wedloop. Foster sal ’n groot blaps (straks met verwysing na sy onderhoude en voorleggings vir die All Black-pos) moet maak om nie die werk te kry nie.
“Ek dink net nie hulle sal dit vir Razor (soos Robertson bekend staan) gee nie, hoewel hy ’n goeie rekord as hoofafrigter het,” sê Moffett volgens Stuff.
“Iemand soos John Plumtree wie se naam genoem word, kan van kritieke belang wees, omdat dit baie belangrik vir hom (Foster) sal wees om homself met die regte mense te omring.” – Netwerk24

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
19 ure gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
19 ure gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
19 ure gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
19 ure gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
19 ure gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
19 ure gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
19 ure gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
19 ure gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
19 ure gelede | Regering
Kleinadvertensies