Alkohol: Drie miljoen sterf jaarliks
Alkohol: Drie miljoen sterf jaarliks

Alkohol: Drie miljoen sterf jaarliks

Wêreldwyd is meer as 'n kwart (27%) van alle 15- tot 19-jariges tans drinkers.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Meer as drie miljoen mense is in 2016 as gevolg van die skadelike gebruik van alkohol dood. Volgens 'n verslag wat deur die Wêreldgesondheids­organisasie (WHO) vrygestel is, verteenwoordig dit een uit 20 sterftes.

Meer as 'n driekwart van die sterftes was onder mans.

In die algemeen veroorsaak die misbruik van alkohol meer as 5% van siektes wêreldwyd.

Die WHO se verslag oor alkohol en gesondheid bied 'n omvattende beeld van alkoholverbruik en die siektelas wat wêreldwyd daarmee gepaard gaan.

“Té veel mense, hul families en ­gemeenskappe dra die gevolge van ­skadelike alkoholverbruik in die vorm van geweld, beserings, geestesongesteldhede en siektes soos kanker en hartaanvalle,” sê dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WHO.

“Dit is tyd om optrede te bespoedig om dié ernstige bedreiging vir die ­ontwikkeling van gesonde gemeenskappe uit die weg te ruim,” het Adhanom gesê.

Volgens die verslag van al die alkoholverwante sterftes was 28% daarvan te wyte aan beserings soos verkeersongelukke en interpersoonlike geweld; 21% was weens spysverteringsteurnisse, 19% kardiovaskulêre siektes en die oorblywende persentasie weens aansteeklike siektes, kanker, geestesafwykings en ander gesondheidstoestande.

Ten spyte van ­positiewe neigings wêreldwyd om swaar drankgebruik en die aantal ­alkoholverwante sterftes sedert 2010 te verminder, bly siektes en beserings as gevolg van alkoholmisbruik onaanvaarbaar hoog.



AFWYKINGS

Dít geld veral vir Europa en Amerika.

Wêreldwyd ly 'n beraamde 237 miljoen mans en 46 miljoen vroue aan alkoholverwante afwykings met die hoogste voorkoms onder mans en vroue in die ­Europese streek (14,8% en 3,5% ­onderskeidelik) en die Amerikas (11,5% en 5,1%).

Alkoholverwante siektes is meer algemeen in hoë-inkomstelande en 'n beraamde 2,3 miljard mense is tans drinkers.

Alkohol word ook deur meer as die helfte van die bevolking in drie ­WHO-streke – die Amerikas, Europa en die westelike Stille Oseaan – gebruik. Europa het volgens dié verslag die hoogste ­verbruik per capita in die wêreld al het dit met meer as 10% sedert 2010 gedaal.

Die gemiddelde daaglikse verbruik van mense wat alkohol drink, is 33 g suiwer alkohol per dag, rofweg gelykstaande aan twee glase wyn van 150 ml elk, 'n groot bottel bier (750 ml) of twee sopies sterk drank van 40 ml elk.

Wêreldwyd is meer as 'n kwart (27%) van alle 15- tot 19-jariges tans drinkers. Opnames onder skole wys dat alkoholgebruik in baie lande voor die ouderdom van 15 jaar begin, met 'n baie klein verskil tussen seuns en meisies.

Volgens die verslag is 45% van alkohol wat gebruik word in die vorm van sterk drank.

Dit word gevolg deur bier (34%) en wyn (12%). In Europa het die gebruik van sterk drank met 3% afgeneem, terwyl dié van wyn en bier weer toe­geneem het.



BELASTING

Meer as die helfte van die wêreldbevolking van 15 jaar en ouer (57% of 3,1 miljard mense) het volgens die verslag geen alkohol in die voorafgaande jaar gedrink nie.

“Alle lande kan baie meer doen om die gesondheids- en maatskaplike koste van alkoholmisbruik te verminder,” sê dr. Vladimir Poznyak, koördineerder van die WHO se eenheid vir die bestuur van dwelmmisbruik.

“Kostedoeltreffende optrede sluit in die verhoging van belasting op alkoholiese drankies, 'n verbod of beperking op die adverteer van alkohol en die beperking van die fisieke beskikbaarheid daarvan,” het Poznyak gesê. Sowat 95% van al die lande wat by die verslag betrek is, het alkohol-­aksynsbelasting.

Die meerderheid het ook 'n tipe beperking op die advertering van bier en 'n totale verbod op meestal televisie- en radio-advertensies.

“Ons sal graag wil sien dat lidlande skeppende oplossings ­implementeer wat lewens red, soos om alkohol te belas en die advertering daarvan te beperk.

“Ons moet meer doen om die aanvraag te verminder en die doelwit te bereik wat deur regerings daargestel is om alkoholverbruik wêreldwyd teen 2025 met 10% te verminder,” het Adhanom gesê.

Volgens hom sal die ­vermindering van die skadelike gebruik van alkohol help om 'n aantal gesondheidsverwante Volhoubare Ontwikkelingsdoel­witte (SDG's) te verwesenlik.

Dit sluit doelwitte vir moeder- en kindgesondheid, aansteeklike siektes, nie-oordraagbare siektes en geestesgesondheid, beserings en vergiftigings in.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026