Al hoe groter druk op energiebronne
Al hoe groter druk op energiebronne

Al hoe groter druk op energiebronne

Nuwe tegnologie bied geleentheid vir besparing
Estelle de Bruyn
Die plaaslike elektrisiteitsvoorsiening industrie staar groot uitdagings in die gesig met 'n toenemende vraag aan elektrisiteit. Namibië in die besonder maak swaar staat op elektrisiteitsinvoere. Nagenoeg 60 persent van alle elektrisiteit wat plaaslik verbruik word, word ingevoer en in die droë seisoen styg dit tot soveel as 80 persent.
Volgens NamPower sal Namibië tot 2017 weerloos wees ten opsigte van elektrisiteitsvoorsiening en enige negatiewe effek in buurlande kan 'n negatiewe invloed op elektrisiteitsvoorsiening in Namibië hê.
Hierbenewens verstryk huidige ooreenkomste vir die aankoop van elektrisiteit elders in die Suider-Afrikaanse streek binnekort. In Oktober vanjaar verstryk die sogenaamde ZESA ooreenkoms. Die aanvullende Escom ooreenkoms verstryk in April 2015, die Aggreko ooreenkoms in Augustus 2015 en die Escom nie-spitstyd ooreenkoms in April 2016.
Wêreldwyd val die kollig toenemend op maniere op energie te bespaar deur energie verbruik te verminder. Daar is 'n verskil tussen energie bewaring en doeltreffende energieverbruik. Om byvoorbeeld minder met 'n motor te ry, word energie bespaar. Deur dieselfde afstand af te lê maar minder brandstof te verbruik word energie doeltreffend aangewend.
Nie net verminder doeltreffende energieverbruik druk op elektrisiteitsverskaffers soos NamPower nie, dit hou ook voordele vir die omgewing, nasionale veiligheid in en bring persoonlike kostebesparings vir die verbruiker mee.
Global Polymer Industries op Otjiwarongo het die uitdaging aanvaar om energie besparing en die doeltreffende gebruik van energie in Namibië 'n werklikheid te maak. Met die produk, Styrotex, word ongelooflike resultate verkry wat nie net industriële aanwendings het nie, maar groot besparings in huishoudings te weeg kan bring.
Boukontrakteurs en argitekte wat al hoe meer onder druk is om sogenaamde " groen" geboue te ontwerp en op te rig, sal heelwat baat vind deur meer van Styrotex uit te vind en dit in bouplanne te inkorporeer.
Soos die besturende direkteur van Global Plymer Industires, mnr. Gerd Sohrada, verduidelik, is baie mense aanvanklik skrikkerig wanneer hulle die koste van die produk byreken in die begroting vir n nuwe gebou. Wat buite die oog verloor word is die ongeëwenaarde langtermyn voordele en besprarings wat daarmee te weeg gebring word.
In Suid-Afrika bestaan wetgewing reeds sedert 2011 wat dit verpligtend maak vir alle nuwe geboue wat opgerig word om aan standaard energie doeltreffendheid regulasies te voldoen. Dit is vervat in die wysigings op die Suid-Afrikaanse wet op bouregulasies en bou standaarde. Dit is ook Namibië se voorland.
Die Suid-Afrikaanse regulasies skryf onder meer ontwerp elemente soos die ligging en oriëntasie van 'n gebou, die gebruik van natuurlike lig en insulasie sodat geboue koel in die somer en warm in die winter is, voor. Dit bring energiebesparing mee omdat vertrekke wat in die winter verwarm word, nie meer onnodige hitte verloor nie. Dieselfde geld die verkoeling van geboue in die somer.
Styrotex is die materiaal wat gebruik word om die oordrag van hitte van die buitemure van 'n huis na binne te verminder. Die gebou word doodeenvoudig in 'n " beskermende kombers Styrotex toegedraai" wat die oordrag van hitte hetsy van binne of buite die huis verminder.
In die winter verhinder dit wat hitte uit die huis na buite ontsnap en in die somer keer dit dat die hitte van buite, die huis deur die mure binnekom.
Styrotex kan ook as insulasie vir koue en vriesstoorplekke gebruik word deur dit op vloere, teen die mure en teen die plafon aan te bring. In die nywerheidsaanwending en ook vir huishoudelike gebruik kan dit teen die mure, vloere, plafonne en dakke aangebring word.
Die produk word wêreldwyd aanvaar as 'n veilige, ekonomiese en energiebesparende manier om geboue te insuleer. Dit kan saam met sement, konkryt, baksteen, pleister, klei en membrane wat met teer vogbestand gemaak is, gebruik word. Die materiaal is liggewig en maklik om mee te werk, vogbestgand, verrot nie en indien dit korrek aangebring word, is Styrotex se leeftyd so lank as die gebou waar dit geïnstalleer word. Dit is omgewingvriendelik en bestaan uit organiese materiaal (hoofsaaklik " carbon" en " hydrogen" wat dit een van die mees ekologies skadeloosste produkte maak wat nie die osoonlaag beskadig nie. Dit kan boonop herbenut word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026