Al drie Leeus-toetse nou in Moederstad
Rugby
Stephen Nell – Die Springbokke se tweede en derde toetse in vanjaar se reeks teen die Britse en Ierse Leeus gaan nou – soos Saterdag se eerste kragmeting – in die Kaapstad-stadion gespeel word.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het, ná raadpleging met mediese kenners oor die risiko’s wat die koronavirus se Delta-variant inhou, Dinsdag aangekondig dat al drie wedstryde in die Moederstad gespeel moet word.
Volgens die aanvanklike skedule sou die tweede en derde toetse in die FNB-stadion in Johannesburg gespeel word, maar Suid-Afrika en die Leeus se rugbybase het nou daarteen besluit.
“Die reeks is tot nou toe al baie deur Covid-19 ontwrig en ’n terugkeer Gauteng toe sou net meer risiko’s skep,” sê Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof.
“Tans het ons twee spanne in bioborrels sonder positiewe gevalle of enigiemand in afsondering. Almal wil sien hoe twee groepe oor die volgende drie naweke op volle sterkte in ’n onvergeetlike reeks speel. Hierdie besluit bied ons die beste kans om dit te sien gebeur.”
Die tweede en derde toets word onderskeidelik op 31 Julie en 7 Augustus beslis. – Netwerk24
FOTO
Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie